Kerkleiers (oor Vrymesselary)

by Eben Swart 8 Apr 2013 Download prayer in PDF format
‘n Konsep-skuldbelydenis vir individuele kerkleiers oor institusionele Vrymesselary, ter persoonlike voorbereiding tot korporatiewe, openbare belydenis.


‘n Konsep-skuldbelydenis vir individuele kerkleiers,
ter persoonlike voorbereiding tot korporatiewe, openbare belydenis:


(Soos op "Vals Priesterdom"-DVD)


Vader, ek verskyn voor U op grond van 1 Joh. 1:9 wat sê dat indien ek my sondes bely, U getrou en regverdig is om dit te vergewe, en my te reinig van alle ongeregtighede.
Ek erken en bely my passiwiteit en oningeligtheid tov Vrymesselary-praktyke binne U liggaam, en my vrees om dit na te vors of te opponneer.
Ek erken en bely my geestelike onvermoë om, ten spyte van eksplisiete waarskuwings in U Skrif, hierdie millennia-oue strategie van Satan teen die ekklesia te herken of te konseptualiseer.
Ek erken en bely dat ek die Bybelse konsep van Babilon verintellektualiseer het, en myself sodoende teen die waarskuwings van U Gees vereelt het.
Ek bely dat ek wetend of onwetend my kollegas toegelaat het om afgodsdiens binne die ekklesia te bedryf en dit nooit gekonfronteer het nie.
Ek bely dat my passiwiteit en lafhartigheid hieroor grootliks bygedra het tot onheiligheid binne die Liggaam van Christus, en dit voor U skuldig en kragteloos gemaak het.
Ek bely dat ek my profetiese roeping in hierdie verband versaak het, en dat medegelowiges en die Koninkryk van die hemele hierdeur groot skade gely het.
Vader, ek vra dus nou op grond van U Woord in die Naam van Jesus dat U my hierdie sondes, oortredinge sal vergewe, en my van alle ongeregtighede sal reinig.
Hiermee maak ek dus nou ‘n wilskeuse om Vrymesselary, en alle onheiligheid wat daarmee gepaard gaan, voor die Vader, Seun en Gees te verloën.
Ek kies om op alle vlakke na liggaam, siel en gees met Vrymesselary te breek – ook op historiese, beroeps- en argitektoniese vlakke.
Ek verklaar dus dat ek in alle ewigheid niks met Vrymesselary of sy filosofie, wêreldbeskouïng, moraliteit, simbole, allegorie, werktuie, meganismes, ede, geheimhouding, byeenkomste, vergaderplekke, byvoordele, invloed, herkenningstekens, magie, rituele, wagwoorde, hoër wese of gode te doen wil hê nie.
Ek verklaar dat ek, soos met alle ander vorme van afgodery, alles binne my vermoë sal doen om Vrymesselary uit die Liggaam van Christus te weer, dit aan die kaak te stel en dit in die lig van die Skrif te ontbloot itv doktrine, metodiek en lidmaatskap.
Ek kies om weg te draai van sondige weë.
Ek kies teen die duisternis en vir die Lig.
Ek kies teen die Geheimenisse en vir die Evangelie.
Ek kies teen die Hemelkoningin en Kundalini en vir Jesus.
Ek kies teen die Koninkryk van Duisternis en vir die Koninkryk van die Hemele.
Amen
Scroll down to comments
Leave a comment:

Guidelines for comments

  1. We want our pages to be thought-provoking, though pleasant and edifying reading material for our visitors.
  2. We walk in the light of the Kingdom of Heaven, are known in person to everybody out there - and we expect the same from you.
  3. Short, sensible, fair, to the point comments are most welcome and will take preference.
  4. Long-winded comments clutter our pages and will only be published in exceptional cases. The same accounts for anonymous or rude comments.
  5. Once your comment has been successfully submitted, you will receive an email at the email address you specified. You must click the link in the email before your comment will be visible on the page.
I understand
Bold [ctrl+b]
Italic [ctrl+i]
Underline [ctrl+u]
Strike
Superscript
Subscript
• Unordered list
1. Ordered list
Remove Format