Hebreeuse Wortels (Afr)

by Eben Swart 8 Apr 2013 Download prayer in PDF format
'n Gebed van belydenis vir diegene wat betrokke was in die Hebreeuse Wortels-beweging.

Gebed van belydenis tov die HWB en Torah-groepe
(soos op die "Hebreeuse Wortels"-DVD)


Vader, ek verskyn voor U in die Naam van Yeshua ha Mashiach om belydenis te doen van my skuld tov die Hebreeuse Wortels-beweging. Op grond van 1 Joh. 1:9 vra ek dat U my sal vergewe vir my oortredinge en sonde in hierdie verband:

Die Stem van die Ruach:

Ek bely dat ek nie weet hoe die Stem van U Gees, die Ruach ha Kodesh, klink nie. Ek bely dat ek myself, by gebrek aan U rhema-stem, slegs gewend het tot U geskrewe Woord om U hoegenaamd te kon hoor. Ek bely dat ek gepoog het om Yeshua te leer ken slegs buite-om sy rhema-stem.
Ek bely dat ek my verdiep, verlustig en beroem het in die Boom van Kennis. Ek bely dat my verworwe kennis my selftrots en eiewaarde opgeblaas het, en dat dít vir my aangenaam en aanvaarbaar was.

Die Nuwe Verbond:


Ek bely dat ek myself onderwerp het aan leringe en doktrines wat ten doel het om U Nuwe Verbond kragteloos en ignoreerbaar te maak. Ek bely dat ek sodoende my verbond met Yeshua verbreek het, en Hom as Saligmaker verwerp het, terwyl ek die skyn bewaar het deur voort te gaan om die verbondsmaal te geniet. Ek bely dat dié doktrines waaraan ek myself onderwerp het, my verblind het vir die krag van U Nuwe Verbond sodat ek dit nie kón begryp nie.
Ek bely dat ek oor geen ervaringskennis beskik van die verskil tussen die klip-Torah en die vlees-Torah nie. Ek bely dat ek geen idee het wat die Gees, ipv die letter, van elke Torah-instruksie behels nie.
Ek bely dat ek vir Jahwe, wat Gees is, gereduseer het tot letter en klip.
Ek bely dat ek deur dooie letter-onderhouding gestreef het na toegang tot die Lewe wat net deur die Gees verkry word.

Die Okkult:

Ek bely dat ek myself onderwerp het aan leringe wat ten doel het om as toegangspoort tot die okkult te dien:

Piktogramme en hul geassosieerde konsepte,
gematria
en die horoskopiese eienskappe van parshas.

Ek bely dat ek die okkultiese heksagram of sg. “Ster van Dawid” as banier oor my lewe aanvaar het.

Lering:

Ek bely die bestudering van die Talmoed, die Mishnah, die boeke en kommentare van ongelowige, Judaïstiese rabbi’s, asook ander mistieke en simboliese leringe van Westerse leraars op CD en DVD.
Ook bely ek dat ek die talle apokriewe stories van HWB-leraars ongetoets aanvaar en nagepraat het, en sodoende ander betrek het by my eie misleiding. Ek bely dat hierdie studie en leringe onbybelse verstandsvestings in my verstaan van die Skrif veroorsaak het.
Ek bely dat ek die HWB-lering dat die Torah die “Groot Oorspronklike” en “Bloudruk” is, ongetoets aanvaar het. Ek bely dat hierdie lering veroorsaak het dat U Raadsplan in my verstaanswêreld omgekeer is, dat dit vir Yeshua ondergeskik maak aan die Torah en/of Hom gelykstel aan die Torah.
Ek bely dat Yeshua, saam met U, Vader, Mede-outeur is van die Mosaïese Torah, en volle gesag daaroor het.

Die Stem van die Ruach:


Daarmee saam bely ek ook dat U Ruach ha Kodesh oor volle gesag beskik om die Torah wat Yeshua op my innerlike vlees geskryf het - toe Hy my hart besny het tydens my gelowige doop - na eie goeddunke te interpreteer en na eie goeddunke deur sy Stem binne my aan my te kommunikeer.
Hiermee vra ek U dus om deur U Ruach se Stem met my te praat, en my te leer hoe sy Stem klink. Ek beloof om te luister.

Torah-Identiteit:

Ek bely dat ek my identiteit gebou het op die Torah, ipv op die opgestane Yeshua.
Ek bely dat ek toegelaat het dat my identiteit deur die klip-Torah omvorm is tot dié van ‘n Ou Testamentiese Jood wat geen vryheid in die opgestane Yeshua en sy Gees ken nie.
Ek bely dat ek gestreef het om te groei en volwasse te word in klip-Torah onderhouding, ipv om te groei en volwasse te word in Yeshua.
Ek bely dat my volharding in hierdie identiteit my vervreem het van my broers en susters in Yeshua wat wél hul identiteit op Hom gebou het.

Trots en hoogmoed:

Ek bely dat my Torah-identiteit die teelaarde was van hoogmoed en trots binne-in my. Ek bely dat ek myself as suiwerder, meer gehoorsaam, beter toegerus en van hoër begrip beskou het as ander Christene. Ek bely dat ek alle ander buite die HWB beskou het as minderwaardig en misleid, en as deelnemers aan die Babiloniese sisteem.
Ek bely dat ek myself beskou het as medekurator van die enigste suiwer godsdiens en my sienings op trotse en aanstootlike wyse op andere probeer afdwing het.

Godsdiens-gees:

Ek bely dat my hoogmoed en trots die teelaarde was waarop ‘n godsdiens-gees kon gedy en ‘n houvas op my kon kry. Ek bely dat hierdie godsdiens-gees my daartoe gedryf het om, ipv om nuwe siele vir Yeshua te wen, ander Christene militant hul vryheid in Christus te probeer ontneem en onder dieselfde klip-Torah juk as ekself in te dwing. Ek bely ek het in onderdanigheid aan hierdie gees dié wat die juk geweier het, vervolg en beskinder.

Hebreeus-afgod:

Ek bely dat ek die lering dat Hebreeus die oorspronklike taal op die aarde was, en dat dit ‘n heilige taal is, ongetoets aanvaar en geglo het. Ek bely dat ek enersyds van Hebreeus ‘n afgod in my hart gemaak het, en andersyds die Griekse taal waardeur U gekies het om U Seun aan ons te openbaar, verag en in U gesig teruggegooi het.

Heilige, Hebreeuse Name:

Ek bely dat ek Yeshua se Grieks-afgeleide Naam - Jesus - verag en belaster het.
Ek bely dat ek blatante leuens oor die herkoms van hierdie Naam ongetoets aanvaar, geglo, en op my beurt verder versprei het.
Ek bely dat my gebruik van Hebreeuse Name tydens gesamentlike byeenkomste hoogmoed binne my aangevuur het, en dat ek dié wat in onbegrip daaroor gefrons het, in my hart verag het.

Afwesigheid van Godsvrug:


Ek bely dat ek toegelaat het dat my Torah-identiteit en aanhang van die Joodse kultuur my vasgevang het in ‘n netwerk van aktiwiteite wat my fokus weggedraai het van alles wat vir Yeshua belangrik is. Ek bely dat ek my aanbidding toegespits het op die skadubeeld, ipv op die realiteit van Yeshua.
Ek bely dat ek die geestelike gawes, vaardighede en salwing wat Hy my gegee het vir diens in sy Koninkryk, afgeskeep en verwaarloos het in diens van ‘n skadubeeld.
Ek bely dat ek die stem van Moses hoër geag het as die Stem van Yeshua. Ek bely dat ek bereid was om te dien en te ly ter wille van Moses, maar dat ek nie eens bereid was om te luister of ek U opdragte via die Ruach kan hoor nie. Ek bely dat ek U rhema-stem geïgnoreer het en U logos-stem verhef het asof dit U enigste Stem is.
Ek bely dat ek, deur U rhema-stem binne my te ignoreer, U doel met, en droom vir my, gemis het, en sodoende skuldig is aan sonde.

Paulus en andere:

Ek bely dat ek myself onderwerp het aan leringe wat U gesalfdes van die verlede beswadder en bespot het.
Ek bely dat ek ter wille van my eie geloofs-gemoedsrus my hand en my mond gelig het teen U gesalfdes en gesagsdraers.

Vader, ek bid dat U my vir al hierdie afskuwelike hartsgesindhede, dade en versuim sal vergewe.
Ek bid dat U my al die leuens van die HWB wat ek geglo het, sal uitwys, en my U waarheid sal leer.
Wil U my liggaam, verstand, hart en gees suiwer van alles wat nie vir U aanneemlik is nie.
Ek meld vandag opnuut aan vir diens in U Koninkryk. Wil U my gebruik tot U eer.

Amen.
Scroll down to comments
Sam Oosthuizen 14 Oct 2015 at 20:49
I have never ever heard of the 'Hebreeuse Wortels Beweging' and would like to find out more about it and where it stems from.

In view of the above, I may then understand the prayer about the HWB.

Regards,
comment on this
Eben Swart 20 Oct 2015 at 21:54
Sam

You can simply google it. There's lots of stuff on it on the web.

Eben Swart
comment on this
Sam Oosthuizen 7 Jan 2016 at 12:22
Baie dankie.

Ek sal dit Google, alhoewel ek nie alles glo wat in Google te vinde is nie.

Hopelik word ek nou meer wys en sal kontak indien nodig.
Leave a comment:

Guidelines for comments

  1. We want our pages to be thought-provoking, though pleasant and edifying reading material for our visitors.
  2. We walk in the light of the Kingdom of Heaven, are known in person to everybody out there - and we expect the same from you.
  3. Short, sensible, fair, to the point comments are most welcome and will take preference.
  4. Long-winded comments clutter our pages and will only be published in exceptional cases. The same accounts for anonymous or rude comments.
  5. Once your comment has been successfully submitted, you will receive an email at the email address you specified. You must click the link in the email before your comment will be visible on the page.
I understand
Bold [ctrl+b]
Italic [ctrl+i]
Underline [ctrl+u]
Strike
Superscript
Subscript
• Unordered list
1. Ordered list
Remove Format