Say your say - Sê jou sê!

1 Jun 2010
Under "News" and "Articles" you can now submit your own comments and/or thoughts. You are most welcome to use either English or Afrikaans.
The aim of this facility is to stir up constructive debate and thinking.
Please don't use this to ask me questions. If you do have questions, then email me.
Please keep your opinions civil. If you don't, your entire script shall simply be deleted.
Scroll down to comments
adaserfontein@gmail.com 30 Jun 2010 at 08:08
THE LOST SYMBOL deur Dan Brown is 'n ontbloting van die rol van Vrymesselary in Amerika. Dit is, tipies aan die skrywer, 'n meesterlike spanningsverhaal, maar juis dit maak dit 'n baie gevaarlike boek - dit neem die leser op 'n 'roller coaster'-tog en spoeg hom uit met 'n slotsom wat vir die nie-onderskeidende leser pragtig filosofies-vroom klink, maar eintlik die grootste leuen wat die mens kan glo, verwoord
Susanna van Dyk 15 Jul 2010 at 06:40
Ek kan net se: WOW, WOW hoe goed is ons VADER dat hy mense soos julle span wakker gemaak het
om al hierdie dinge op die DVDs vir ons te openbaar. Ek praat van Kundalini, vrymesselary en die
songodaanbidding. Ek sal seker more met die 2 babilons begin. My vriendin se vir my as ek dink
hierdie DVDs wat ek tot dusver gekyk het is "ERG WAARHEID" dan sal ek met 'n dubbel gordel moet
vasmaak met die 2 babilons. Jy sien ek skryf die songodaanbidding,vrymesselary en babilon in klein-
lettertjies, DIT IS HOE EK VOEL IN my gees TEENOOR HIERDIE goed.
GEBED: DANKIE VADER VAN ONS KONING, LIEFLING YESHUA EN SOETE HEILIGE GEES VIR MENSE SOOS EBEN EN SY
SPAN WAT AL HIERDIE onheil AAN ONS WIE SE HARTE SOEKEND IS OM ONS GOD EN VADER TE BEHAAG TE OPENBAAR
DEUR DVDs SODAT ONS KAN BELY EN IN ONS SKULD VAL VOOR DIE ALMAGTIGE DRIE EENHEID, SKEPPER VAN DIE
HEELAL. SEEN HULLE ASB VADER. SEEN OOK DIE INTERSESSORS WAT VIR HULLE EN DIE WERK INTREE. AMEN.
Martin Hoffmann 16 Aug 2010 at 12:41
Ek ken meneer al 19 jaar...ek kon jou nog nooit vasvra nie.
Merkwaardige dienaar.

Prys die Here!
Douw Steyl 15 Sep 2010 at 22:29
Goeie dag, Ek het gekyk na julle boodskap.
Ek wonder net hoekom julle die Ruperts uitlos uit al die besprekings oor die een wereld orde en die geheime organisasies.
Carina Nel 27 Sep 2010 at 08:16
My ma het 'n reeks DVD's vir my gestuur oor die Hemelkoningin en Vrymesselary. Dit was scary en ewe skielik kon ek nooit weer met dieselfde oe deur my dorp (Stellenbosch) ry nie. Dit het my lewe verander! Dit het my spirituele oe oopgemaak en nou sien ek dinge in 'n ander lig. En toe ons gisteraand in die kerk hoor hoe geheime organisasies ons wil weerhou daarvan om die hart van die Here te ken, het ek verstaan dat hierdie werk die waarheid is, dat dit nie eintlik so geheim is as wat hulle wil he ons moet dink nie, en dat daar gelowige sterk leiers is wat hierdie dinge verstaan. Julle werk is wonderlik en noodsaaklik in hierdie era waarin ons lewe! Baie dankie vir die opofferings en die soldate wat julle is! Ek bid gereeld vir beskerming vir julle sodat hierdie werk kan voortgaan en meer mense se oe geopen kan word. Al wat ek kan se is BAIE BAIE DANKIE!
Careline Fouche 1 Nov 2010 at 22:17
Die waarheid wat is die waarheid is n vraag wat my vir n lang tyd gepla het, aangesien daar soveel verskillende denominasies en spritual idees en gelowe en selfs binne in die christelike geloof soveel verskillende maniere van aanbid en dien of religion is.
Ons word so deur die media, mense en selfs kerk leiers en die wat behoort te weet met verskillende dinge gebombardeer dat n mens later nie meer seker is of jy die regte God beet het en of jy ooit in die hemel gaan kom nie.

Ook word n mens geleer om die ander te tolerate want geloof is mos n privaat saak, en ek nie n ou mag oordeel oor wat hy glo nie al weet ek dat dit totaal ver weg van God af is ter wille van vrede of die persoon se gevoelens. Dit alles terwyl die opdrag in die Bybel juis is om die goeie nuus aan die mensdom te bring!

Dit is soos n verfrissende luggie om eindelik mense te kry wat die waarheid aan n mens kan bring al skok van die dinge n mens uit die goed wat jy altyd as die waarheid aanvaar het

Dan is die vraag nog steeds hoe seker is ek dat die dinge wat ek geleer het hetsy by my Pastoor, die media en boeke dat dit nie misleidend is nie?

Sou ek die stem van God ken, kan ek onderskei en selfs hier moet ek passop vir my eie gedagtes en invloede van buite, want jy kan in die Bybel dinge in lees.

Al hoe ek God se stem ken is meer tyd saam met Hom, is n daaglikse bewustheid van Sy nabyheid en teenwoordigheid al is ek besig met wat ook al!
Dr Johan du Toit 0834412947 18 Nov 2010 at 22:04
Broeder Eben,

Ek wil graag jou kommentaar hoor oor die kruis - is dit 'n christen simbool of is dit soos tiaan sê 'n moordwapen.

Hierdie is nie 'n strikvraag nie. ek wil maar net jou mening hoor.
Eben Swart 18 Nov 2010 at 23:04
Skynbaar, omdat argeologiese getuienis bestaan dat die Romeine wel kruise vir teregstellings ingespan het, het die vertalers van die Vulgaat (die eerste amptelike vertaling van die Griekse Nuwe Testament - na Latyn) besluit om die Griekse selfstandige naamwoord "stauros" te vertaal met "crux" - 'n geldige vertalingsopsie. Vandaar het ons in feitlik alle ander vertalings "kruis" gekry, en gevolglik ook die werkwoord "kruisig" geskep.
Die Griekse woord "stauros" het egter ook 'n ander geldige vertalingsopsie, nl. "folterpaal", maw 'n regop paal SONDER 'n dwarsbalk. En as 'n mens die aanvaarde eksegetiese beginsel toepas, nl. dat Skrif verklaar moet word met Skrif, dan lyk hierdie na die meer toepaslike vertaling - dis nou indien 'n mens die argeologiese getuienis sou marginaliseer.
Die Ou Testamentiese Hebreeuse profesieë oor (of heenwysings na) die Messias se lydensdood praat nie van 'n kruis nie:
1. ... want een wat [aan 'n paal (Heb: "ets")] opgehang is, is deur God vervloek. (Deut.21:23)
2. Moses het toe 'n koperslang gemaak en dit op 'n paal (Heb: "nec") gesit. (Num. 21:9)
Geeneen van die Hebreeuse woord "ets" of "nec" kan as "kruis" vertaal word nie. Die Hebreeus van die Ou Testament bedoel dus ondubbelsinnig 'n regop hout SONDER 'n dwarsbalk. Selfs die Engelse vertaling na "tree" dui beslis nie op 'n Latynse kruis nie!

Maw, indien ons die vertaling van "stauros" as "kruis" kies, dan ontken ons dat Jesus die Messias is, want dan voldoen hy nie aan die profesieë en heenwysings van die Ou Testament nie. Dan moet ons nog wag vir die Messias - een wat aan 'n paal (sonder 'n dwarsbalk!) sal hang.
Maar indien ons die vertaling van "stauros" as "paal" of "folterpaal" kies, voldoen Jesus WEL aan die Ou Testamentiese profesieë en heenwysings. Dan erken ons dat Hy die Messias is wat moes kom! Al probleem is: Ons het nog nie 'n werkwoord vir "paal" geskep nie. Hoe klink "palig", na aanleiding van "kruisig"?

So nee, ek twyfel sterk of die kruis as simbool hoegenaamd 'n plek verdien in die Christelike idioom. En selfs al verdien die kruis 'n plek, stem ek saam met Tiaan Gildenhuys dat ons moet onderskei tussen die kruis as objek (of simbool) en die boodskap van die kruis. Die stauros is en bly 'n vloekhout, en ek wil dit asseblief tog nie as paal of kruis op my Christelike simbolerak hê nie. Maar beslis omhels ek die Boodskap van die stauros!

Daar is ook 'n verdere probleem met die kruissimbool:
Simbolies gesproke het die Latynse kruis (die kruis waarmee die Golgota-gebeure tradisineel geassosieer word) ontwikkel uit die Romeinse hoofletter T, die Romeinse simbool vir die Babiloniese kindergod Tammus of die Skandinawiese god Thor - die eerste letter van hul name. Thor, as god van die donder, het ook 'n hamer in die vorm van 'n T gedra. As simbool van hierdie gode vereer Vrymesselaars bv. vandag nog hul sg. "heilige Tau" - die Griekse ekwivalent van die Romeinse T.

Selfs eeue vóór die Romeinse Ryk en Romeinse skrif al is die T gebruik as simbool vir Tammus. Hierdie simbool is ook sterk geassosieer met die gelykbenige kruis - die simbool van die son of songod. En in Babilon IS Tammus aanbid as die songod. Soms is hierdie gelykbenige kruis binne-in 'n sirkel uitgebeeld - om die sonskyf voor te stel. Hierdie gelykbenige kruis binne die sirkel is die oorsprong van die sg. nimbusse (ligkringe of "halo's") wat in "Christelike" ikonografie agter heiliges se koppe geplaas word.
'n Sterk assosiasie bestaan dus in die heidendom tussen die kruis en sonaanbidding of Baälaanbidding. En hierdie assosiasie is millennia ouer as die Golgotagebeure. Sataniste vandag assosieer BAIE sterk met die Latynse kruis, en beskou dit as húl simbool!
Polly 3 May 2011 at 08:24
That’s more than seinsble! That’s a great post!
Weroka 8 May 2011 at 15:52
Shalom aan almal.
Ek gooi nou 'n klip in hierdie bos!
Ek het op hierdie afgekom en wil graag hoor wat julle van hierdie stelling dink.
(Julle kan maar begin gooi ek het my valhelm op...;-)))
Shalom.

THE RENEWED COVENANT WAS MADE ONLY WITH ISRAELITES: NOT WITH THE CHURCH

Yahshua made the Renewed Covenant with His twelve disciples who were all Israelites. Yahshua Himself was from the House of Dawid.
His twelve disciples would, according to Mat. 19:28 “sit upon twelve thrones, administering judgment over the twelve tribes of Israel”. They celebrated the Passover during which meal He took the cup and said: “This cup is the Brit Chadasha renewed covenant in My blood, which is poured out for you” Luke 22:20. The Renewed Covenant was not made with anybody else but Israelites.

The Renewed Covenant was not made with Christians or Gentiles or Heathens, but with the “qahal”, the ecclesia of the Old Testament.

The Renewed Covenant is not relevant to Christians or Gentiles or Heathens because they were not parties to it. They have no claim whatsoever to any of the Covenantal promises and are excluded from the eternal heritage which is promised to the Israelites. This should sound very scary to everybody who is not an Israelite. Christians, Gentiles and Heathens are totally excluded from this Renewed Covenant as well as from all of the preceding Covenants. What now? What is the solution to this catch 22 situation?
Lewis vloek gebreek 25 May 2011 at 17:25
Aan God al die eer, en dankie aan die gehoorsaamheid van hiedie bediening.

Ek het in 2008 radikaal tot inkeer gekom met en groot vraag WAT NOU? Wel ek het bly soek en baie gevind. God se Vader hart het meer en meer na my uitgereik na mate my wandel dieper en meer intiem met Hom geword het.

Ek het onlangs verneem van VM bedrywighede deur my oorlede oupa, ek het die VM dvds gekyk en besef iets is fout. Ek het op die internet inligting oor die Lewis vloek versamel en op die Secret dokument afgekom. Gou het ek die werking van die vloek in my lewe erken, dalk toeval maar dis darem te na aan die kokosneut effek.

1. Finansieele probleme, skuld, rente koerse, besigheid stagnasie en minderwaardigheids gevoel naby gesag was aan die orde van die dag.

2. Pes, ons as gesin is in vroeg 2008 deur spinnekoppe gebyt. Somemr so 6 op 'n keer twe keer per maand. Ek identifiseer dat agv baie reën 'n klein kriek spesie in my huis kom skuiling soek, maw die spinnekoppe volg agv die voedingswaarde. Ek skaf toe hoenders aan om die krieke te bekamp en op dieselfde dag dat ek die hoendertjies kry steel iemand my vrou se voertuig(eerste neut val), ek kom tot bekering twee maande later, begin betrokke raak by manne kampe en 'n manne bediening. In Nov 2009 een week na ek my eerste kamp reel is ek in 'n ongeluk en my motor word afgeskryf, in Nov 2010 gebeur dieselfde met my vrou en ons verloor 'n derde motor in 28 maande, presies een dag na sy haar eerste vroue kamp reel...toeval? Ek dink nie meer so nie.

Verdrinkings:
My seun is tans 11 jaar oud, hy sou voor hy 4 wees al drie keer uit 'n swembad gered word, elke keer onder toesig, hy sou eenvoudig een oomblik langs jou stand en die volgende oomblik sink hy soos 'n klip en daar is geen beweging. Slegs God se genade het my seun gered. Daai stem wat vir mens sê kyk net gou, is al wat ons laat weet het.

Resperatoriese probleme; ek en my twee kinders is pal op sinus medikasie, daar is net geen kuur vir ons gewees nie.

Onvrugbaarhied: ek en my vrou het 5 jaar geneem om swanger te raak, uiteindelik met insiminasie het dit uitgewerk, my seun was 'n natuurlike bevrugting, hulle is beide die spieel beeld van my wat hier tik, ons is onafskeidbaar.

Huweliks probleme, ek kan boeke skryf van onmin, jaloesie, dreigemente van egskeiding ens.

Diere byte; Hierdie was vir my baie skokkend. Die spinnekoppe was erg maar my dogter was al drie keer deur honde gebyt, vreemde mak honde vir geen rede, ek was getuie.

By steke; my dogter loop ongelooflik deur onder bye, van dat sy kon stap as peuter is sy ongeveer twaalf keer gesteek deur bye. Sy sou eenvoudig stap en op 'n jakaranda blom trap en dan sit die angel. Sy soek nie vir die goed nie, dit het net gebeur.

Emosioneel; Lewenslange Hartseer, ek hoef nie eers daaroor te skryf nie, gebruik net jul verbeelding.

Die goeie nuus is, ek was deur God gelei na hierdie materiaal en die bevryding was ongelooflik. Onmiddelike genesing van sinus, lae rug pyn, emosionele herstel en 'n lewe van oorwinning, om te weet dat dit wat Jesus aan die kruis gedoen het my en my gesin kon bevry van hierdie vloek op die nasate van 'n VM.

My seun en dogter is genees van sinus letterlik 2min nadat die vloek afgebid is, my seun se ekseem het letterlik binne dae verdwyn.

Dankie Vader vir die mense van hierdie bediening en dat U Seun vir my sonde, oortredings en ongeregtighede gesterf het asook die feit dat my pa sy saak met U kon regmaak meer as 20 jaar gelede en daardeur het ek 'n tweede kans gekry en my kinders is bevry.

Ek staan op die oomblik in 'n bediening vir mans en ek glo dat God my sal lei om van hierdie kennis te deel en hierdie bediening die "airtime" te gee wat hul verdien.

Eben en span ek wil graag aan julle Sef 3:17 gee, julle is getrou en Vader glimlag.

Julle het 'n gesin van vier uit 'n lewenslange tronk van hel en vervloekings gered.

Kyk na die vrug wat julle dra en veg dapper voort.

Stewig in Sy greep

LMO
comment on this
Basie Martins 5 Nov 2015 at 09:45
Hierdie is 'n baie ou inskrywing en daarom is my kommentaar jare te laat. Tog wil ek noem dat daar nie soiets soos bloedlynvloeke is nie. Lees my kort verduideliking hier onder:
 The Bible is quite clear on the fact that we carry the consequences of our own acts. We bring things on ourselves. We are absolutely never an innocent victim of circumstances out of our control. No, when we are demon oppressed or demon possessed it is a result of our own acts. We cannot blame anybody for this. You cannot even blame your ancestors for it. Your ancestors might have committed the same sin but you yourself choose whether you want to be involved in sin or not. It is your own choice and nobody can force you to be involved in sin.  Did you know that there is absolutely no Scriptures that state or indicate that Christians are or can be punished because of the sins of their ancestors? Did you also know that there is actually Scriptures that clearly state that the sons WILL NOT carry the sins of their ancestors and that the ancestors WILL NOT carry the sins of the sons? Yet people believe in generational curses. Did you know that the only reference to generational curses was made only to heathen nations and people who HATE God? Did you know that there are Scriptures that state that God eventually took generational curses away even from heathen people and unbelievers?This implies that since the cross, even unbelievers and people who hate God do not have to carry the sins of their ancestors? Did you know that there is not even one Scripture in the whole Bible that says that we must repent of the sins of our ancestors? Did you know that there is not one Scripture in the whole Bible that says that we must break generational curses? Did you know that there actually are a number of Scriptures that say that we must only repent of our own sin? Did you know that there actually are Scriptures that say that the sins of the one who committed that sin will be on him and on him alone? Did you also know that there are actually Scriptures that say that the righteousness of a person can only save him alone? That implies that nobody can be made righteous by their ancestors just as nobody can be made unrighteous, because of the sins or the unrighteousness of ancestors. There really are Scriptures that support all these statements.
comment on this
Eben Swart 7 Nov 2015 at 14:19
Basie

You make a LOOOOT of interpretation from the Bible. And you leave out a LOOOOT of the Bible.
And you confuse salvation and sanctification mutually.
And you have very little, if any, experience of deliverance ministry.
Theology (theory) should be confirmed by experiment - else it is worthless. And I'm afraid: Experiment contradicts your theory ot the extent that it leaves you stranded on a lonely theological island, where theory reigns and practice is absent.
comment on this
Babie de Beer 19 Jan 2016 at 22:09
Ek wil net graag vanaand getuig van wat ek self ondervind het, nadat ek jou vrymesselaar DVD gekyk het Eben.
My skoonpa was een, maar my man het nooit daarin belang gestel nie.  Min wetend dat dit ons sou raak.  Nadat ek jou DVD gekyk het, het ek my man wie se pa al baie jare gelede oorlede is, probeer oorreed om die DVD te kyk maar elke keer het ons op mekaar geskree, en dan het daar niks van gekom nie.  So het dit vir meer as 2 jaar gegaan, my man het sy werk verloor en vir 'n jaar werk gesoek en nie gekry nie. Dit het baie sleg gegaan in ons huis, maar ek het nie moed verloor nie en aanhou bid dat my man tog net die waarheid sal sien sodat hy vry kon wees.  Ek het wel die gebed aan die einde van die DVD gedoen, en sonder dat ek dit besef het, was ek aan die gesond word.  Ek het erge asma gehad, was meer in die hospitaal as by die huis, maar na die gebed het ek agter gekom dat ek die 5 asma pompies wat ek daagliks 4 keer moes gebruik het al hoe minder nodig het, maar my dokter het voet by stuk gehou dat ek dit nie mag verminder nie, al voel ek beter, want dit is die pompies wat my beter maak.  Ek wou self sien en besluit of dit wel so was en het die pompies sommer van 4 keer per na 1 keer perdag verander.  Ek het geen asem nood ondervind nie, waar ek voorheen geen medikasie kon mis nie, dan was ek in die hospitaal, kon ek nou net een keer per dag die medikasie gebruik en ek het nie siek geword nie.

'n Jaar nadat my man sy werk verloor het, sit ek voor my rekenaar en kyk weer die vm dvd en my man vra my wat kyk ek en ek sê vir hom dit is die vm dvd wat jy nie wil kyk nie.  Hy vra toe kan hy hom kyk as ek klaar is, en ek stop onmiddelik die dvd en haal hom uit en gee dit vir hom.  Net 'n half uur later kom vra hy my onverskoning omdat hy my nie wou glo oor die vm nie en omdat hy nie die dvd wou kyk nie.  Aan die einde van die dvd by die gebed het hy gestop en my kom roep om saam met hom die gebed te doen.  Die volgende oggend het vriende van ons kom kuier, of so het ons gedink, maar hulle het nie eintlik kom kuier nie, die man wou net gou vir my man kom vra vir sy cv en wanneer kan hy begin werk.  

Die dokters en spesialiste het almal vir my gesê asma is 'n ongeneeslike siekte, hulle het gesê jy kan kanker gesond maak maar nie asma nie ek moet maar daarmee saamleef, hulle kan my net beter laat voel hulle kan my nie gesond maak nie.  

Wel ek getuig vandag dat ons, ons al die sondes van ons voorvaders aan alby kante van ons families afgebid en belei het voor die Almagtige God die Vader deur Jesus Christus ons verlosser.  Ons gesin is vry, want die waarheid maak jou vry, my man het werk en gebruik glad nie meer my asma pompies nie.  

Vir my maak dit nie saak wat ander mense van my dink en sê omdat Eben Swart ons die waarheid uit gewys het nie.  Ek sal aanhou bid vir Eben en sy span, dat hulle nie mislei sal word in hulle navorsing nie, want hulle werk is op die randjie van die afgrond.  

Baie dankie vir julle harde werk en dat jy ons oë oopgemaak het vir die waarheid Eben. 

     
Jurgens 25 May 2011 at 23:35
Aan Eben
Eersten wil ek julle werklik dankie se vir al die wonderlike werk wat julle doen dit help ons baie, juis omdat ons self n dvd uitbring oor die gevare van moderne speletjie, my pa het jou in die week gebel en jou al voorheen kom sien ook. Julle navorsing het ons regtig baie gehelp.

Die vraag wat ek wil stel is oor julle eie logo wat julle gebruik op julle dvd's. Die vier rooi T's wat saam merkaar in een kom om julle simbool vorm. Ek het al julle dvd's gekyk en vanaand weer kla gemaak met die vrymesselaars reeks.Onder op die bladsy lees ek ook dat jy Dr du Toit geantwoord het oor die kruis simbool.

My vraag is hoekom lyk julle simbool nes die Romeinse kruis,T van tamoes,T van york se vrymesselaars en wanneer hulle saam kom soos die gelykbennige kruis en die 29ste graad skotse vrymesselaars teken.

Die vraag is regtig nie gestel om julle aan te vat nie, ek wil juis nie dat mense julle produkte afskiet oor n simbool wat julle gebruik nie.

Soos jy selfs se mens moet uitkyk na die simboliek. Ek is seker daar is ander mense wat jou ook al die vraag gevra het, as jy dalk n verduiliking van die simbool op jou webtuiste kan gee. Sal dit die saak vir baie mense uitklaar(my en almal wat vanaand saam gekyk het inkluis)

Weereens die werk wat die Heilige Gees deur julle doen word baie wardeur en sterkte met al die projekte voorentoe ons sien baie uit na julle volgende reekse.

Groete
Eben Swart 26 May 2011 at 09:03
Jurgens, ja - dit moes seker een of ander tyd gebeur!
Die man in SA wat almal bewus gemaak het van simboliek (ekself) staan nou in die beskuldigdebank oor simboliek!
(Terloops, BAIE geluk met daardie DVD wat julle gemaak het. Ek is BAIE opgewonde daaroor, en bid dat dit sal bydra om BAIE (jong)mense uit die vuur te ruk!)

Die verklaring van die simboliek aan die einde van ons DVDs is nie vreeslik diepsinnig nie. Ek is veel meer van 'n wetenskaplike as 'n kunstenaar, en my kreatiwiteitsvaardighede is nie watwonders nie:
Ek het na 'n slagspreuk gesoek wat allitereer met "Trumpet", en het toe uitgekom by "Trumpet Teaching for Times like These. (Een van die 3 bene van ons bediening is immers LERING - presies wat op die DVDs gebeur!).
En om die grafika 'n bietjie woema te gee, het ek besluit om 4 hoofletter T's te laat inspin op die skerm soos die woorde van bg. slagspreuk op die "hartklop"-klanke op die skerm inslaan.
Ek het hulle juis nie in enige tradisionele okkultiese oriëntasie geplaas nie - sover my kennis strek, het ek 'n "nuwe" konfigurasie geskep. As ek dit bv. in die tradisionele "viervoudige tau"-konfigurasie geplaas het soos op etlike Vrymesselaar-grade se kentekens, sou dit uiteraard 'n probleem gewees het. Maar nou het ek opsetlik 'n nie-tradisionele konfigurasie "geskep".
Omdat dit 4, en nie 3 T's is nie, kan dit ook nie geassosieer word met die tradisionele 3 Latynse kruise van Golgota nie.(Sien my opmerkings daaroor in 'n antwoord hierbo).
En totdat die okkult ook hierdie "nuwe" konfigurasie kom bevuil (wat waarskynlik net 'n kwessie van tyd is), sal julle nog vir "Trumpet Teaching for Times like These" en die 4 T's sien inspin aan die einde van my DVDs!
Dis nogal moeilik om "neutrale" simboliek te skep. Hierdie was my beste poging, maar vir kwaadwilliges wat 'n stok soek om my te slaan, sal dit sekerlik soos manna uit die hemel wees!
Jurgens 31 May 2011 at 13:51
Eben
Dankie vir die verklaring wat jy gegee het oor julle simbool, dit het die saak vir my en die wat saam my kyk uitgeklaar, net om by te las by wat jy gese het oor die "kwaadwilliges wat n stok sal soek" Ek persoonlik voel as jy besig is met God se werk en jy kry nie van tyd tot tyd teestand nie moet mens jouself begin vra of jy regtig besig is met Sy werk??

Op n ander noot ek wou net laat weet het ons dvd is finaal klaar, so ek wil graag een by jou uitkry. Hier is ons E-mail swopagame@yahoo.com . Mail my asb julle pos address dan stuur ek hom vir jou. Laat weet asb wat jy daarvan van dink enige kritiek is welkom.

Groete
Jurgens
Abe Johnstone 1 Jun 2011 at 15:45
Ons het die DVD van Sonaanbidding en Vryemesselary gekoop en het so n paar vrae oor sekere prente en voorwerpe in die wêreld.Kan ons hierdie fotos wat ons geneem het na julle stuur vir uitspraak en na watter e-pos adres kan ons dit stuur.
Ons adres is impangele911@gmail.com
Baie dankie en mag God in Sy wysheid julle sëe en van krag tot krag stuur.
Abe en Elaine Johnstone. Empangeni,KZN
Marius 12 Jun 2011 at 14:15
Eben, ek het jou dvd's begin kyk en kan nie help om te glimlag vir die net waarin jy jouself vasspin nie. Jy maak n vreeslike saak uit oor simboliek en hoe dit as bedekte aanbidding van die son in die kerk figureer. Jou verduideliking oor die T's word problematies as mens in ag neem dat die trompet die simbool van die slang is wat in die antieke tye met toorkuns verbind is. Die les wat ek hierin sien is dat as alle katte swart is beteken dit tog nie dat alle swart goed katte is nie. Deur die eeue het gelowiges (ook in die Ou Testamentiese tye) simbole gebruik om iets van die lewende God uit te beeld. Dit sluit in die son, reenboog, sterre, ens. Ek vind dit jammer dat jy opregte navolging van Jesus verdag maak met n oordrewe interpretasies van kerklike simbole.
Marius 12 Jun 2011 at 14:53
Ek is redelik verbaas oor jou verduideliking van die kinderdoop. Dit is wilde spronge wat jy maak wanneer die doop met geheime heidense rituele verbind. Hoekom sal die water dit net by kinders se doop beteken en nie ook by grootmense nie? Wat van die reinigingsrites wat in die Ou Testament beskryf word waar water wel gesprinkel is?
Is daar enige simboliek in die kerk wat nie een of ander bose oorsprong het nie of is alles in die tradisionele Afrikaanse Kerke verkeerd?
Simboliek is soos die Engelse spreekwoord lui: Beauty lies in the eye of the beholder. Jy kan nie die waarde van enige simboliek vir my bepaal nie. Dit is wat ekself daaraan heg. Dis tog verkeerd om te beweer dat iest verkeerd is, net omdat dit op n manier (dikwels geforseerd) verbind kan word met heidense rituele.
Ek hoop regtig dat mense jou aanbeveling van om dit wat jy sê eers te toets gebruik. Daar is lieflike Bybelvertalings op die internet beskikbaar waar mens sommer vinnig n soekaksie kan uitvoer en meeste van die simboliek waarvan jy praat kan mens Google. Ek hoop mense sal so breedvoerig as moontlik self ook nalees en nie eenogig net jou opinie navolg nie.
Eben Swart 12 Jun 2011 at 21:12
Liewe Marius,
1. Jy raak allerhande slim dinge hierbo kwyt. Dankie vir die deur wat jy vir my oopmaak om sekere wanbegrippe te belig.
2. Skryf volgende keer jou VAN, en dorp van verblyf vir ons neer. Dis effe lafhartig om 'n ope, landwye bediening vanuit 'n kordate, donker skuilplek van anonimiteit te kritiseer.
3. Volg die logika in my doop-artikel mooi noukeurig (moenie alleen voel nie - selfs die doktore in die "tradisionle Afrikaanse kerke" sukkel dikwels hiermee).
Dan sal jy sien dat water-VERBONDE nêrens in die Bybel voorkom nie - maar wel in die okkult. Maw, as jy 'n water-VERBOND iewers raakloop, dan weet jy dis okkulties, en beslis nie Bybels nie. Kinderdoop-doktrine verklaar dat Kinderdoop op 'n VERBOND dui: 'n water-VERBOND. Dus is Kinderdoop ondubbelsinnig okkulties.
Gelowige Doop-doktrine verklaar nêrens dat Gelowige Doop op 'n VERBOND dui nie; dus is die water-verbondkonneksie met die okkult NIE hier van toepassing nie (asseblief, Marius en die Teologie-doktore wat my hieroor kritiseer, snap ASSEBLIEF tog hierdie eenvoudige stukkie logika!). Trouens, Gelowige Doop-doktrine verklaar dat Gelowige Doop dui op 'n (water)BEGRAFNIS en 'n OPSTANDING. En dis presies wat Kol. 2 en 3 sê. En as die NT gaan soek na OT heenwysings na die doop, gaan haal die NT dit by Noag se vloed (1 Pet. 3:20 - 21) en die Israeliete se tog deur die Rooi See 1 Kor. 10:2 (waar die reuse en Farao se leër onderskeidelik in water "begrawe" is), en Noag en die Israeliete onderskeidelik uit die water "opgestaan" het (gered is).
Vind jy dit nie vreemd dat die NT sy OT-heenwysings NIE probeer vind in die besnydenis nie? (Volgens Calvinistiese Kinderdoop-doktrine is besnydenis die primêre OT heenwyser na die Doop, en het die Kinderdoop dit in die NT vervang!)
4. Kom sit by my (of enigiemand anders) in 'n bevrydingskamer en kyk met jou eie oë hoe lidmate van wat jy "tradisionele Afrikaanse kerke" noem, demonies manifesteer wanneer hulle hul Kinderdoop in Jesus (of Yeshua, Yahshua, of Yahushua, of Jahushua!) se Naam voor die Vader bely en verloën. Of wanneer die gepaardgaande geeste in Jesus Naam hulle verlaat. Wanneer 'n mens hierdie soort verskynsel sien, verdwyn sommer al mens se slimmighede en Calvinistiese teorieë en argumente ten gunste van Kleindoop outomaties. Enigiemand wat Kleindoop voorstaan, het gewoon nog nooit met sy eie oë gesien watter geeste daaragter sit nie!
5. Wanneer jy volgens die voorbeeld wat Jesus vir ons gestel het, en volgens sy opdragte aan sy dissipels bietjie betrokke raak in bevrydingsbediening, dan kom jy vinnig agter watter simbole (ja, SIMBOLE!) vir demone wettige regte (volgens die Bybel!) gee op mense se lewens. En demone vertel ook sommer vir jou reguit dat hulle 'n persoon nie hoef te verlaat nie solank as wat hy erkenning gee aan sekere simbole (ja, onbenullige ou SIMBOOLJIES!). En jy sien hoe demone op lewe en dood vasklou aan hulle regte om so 'n persoon te beset op grond van die SIMBOLE wat hy in sy lewe toelaat.
En dan verval sommer al 'n mens se akademiese slimmighede, teorieë en argumente oor simbole.
En dan sien jy in dat dit nie Eben Swart is wat homself in simbole "vasspin" nie, maar wel onkundige lidmate van wat jy "tradisionele Afrikaanse kerke" noem, wie se leiers self nog nooit Jesus se opdragte oor bevrydingsbediening uitgevoer het nie, maar beterweterig en geamuseerd agter hul hande lag en proes vir diegene wat so "oor simbole tekere gaan". En hul stomme lidmate hul eie misleiding van preekstoele af leer.
My Pa het dikwels gesê: "Nobody is as pitiable as he who knows not, and knows not that he knows not."
6. Ja, daar is reeds jare lank danksy die Kommunikasie- en Inligtingsrevolusies elektroniese konkordansie-programmatuur soos E-sword en Online Bible vir gewone lidmate beskikbaar om hul eie Bybelstudies mee te doen. En Strong's-konkordansies, en kommentare, en historiese boeke, en apokriewe boeke, en Hebreeuse en Griekse kursusse, kaarte, argeologie en 'n swetterjoel ander hulpmiddels.
Wat predikante en pastore se monopolie op Skrifkennis en -verstaan net so dramaties van die tafel gevee het as wat Johan Gutenberg se Bybel-drukpers destyds met die Roomse monopolie gedoen het. Afrikaanse kerkleiers sukkel duidelik om gewoond te raak aan die idee dat lidmate nie meer alles net vir soetkoek opeet net omdat húlle (die teologies gepantserde leierskorps) dit kwytraak nie. En dat lidmate deesdae oor die nodige instrumente beskik om die waarheid van hul leiers se aansprake te toets nie. Of dat lidmate ervaringskennis het van geestelike dinge waarvan hul leiers nog nie eers gehoor het nie. En dat predikante en pastore vinnig besig is om uit te faseer as "leiers". 'n Al groter segment van die Christendom hou deesdae kerk in huiskerke (met hul eie leiers) - in die VSA vorm huiskerke vandag reeds die 2de grootste enkele segment van die VSA-Christendom! (Sien die navorsing van George Barna - Google dit!)
Marius, jy het werk om te doen, ou broer! En mag die WAARHEID jou vrymaak!
Marius 16 Jun 2011 at 22:07
Eben, jou aanvallende sarkasme is n pragtige voorbeeld van hoe intens jou stryd is teen die kerk. Jy antwoord nie my stelling dat jou koppelings wat jy met simboliek in die kerk maak is n gevaarlike speletjie, want jy trap self daarin. n Verdere voorbeeld is hoe Confusius se wyshede amper Bybelse waarde vir jou het en dat jy dit selfs soos die Bybel gebruik om tereg te wys en te onderrig.
Ek is seker daarvan dat daar geen bose of sinistere bybedoelings by jou is om dit gebruik nie, waarom moet dit dan by ons wees in die simboliek wat deel van ons kerk is.
Die doop is op geen manier n verbond wat gesluit word nie. Dit is gewoon n simboliese handeling wat wys na die verbond wat God deur Jesus Christus met ons gesluit het.
EK doen vir die afgelope 13 jaar n studie van die Bybel en het die Bybel al verskeie kere doelgerig van begin tot einde deurgelees.
Ek is werklik gemaklik met wat ek lees en het geen vrees vir die demoniese magte wat jy meen wat onwetend n houvas op my sou kon he nie. Jesus Christus is my Redder en Verlosser daarom is ek in alles oorwinnaar.
Eben Swart 19 Jun 2011 at 23:47
Marius

1. Verduidelik asb vir my watter deel van punt 5 hierbo jy nie verstaan nie - as jy beweer dat ek nie jou vraag antwoord nie.
2. Jy beweer "Die doop is op geen manier n verbond wat gesluit word nie." Jou stelling is korrek indien jy bedoel dat die doop nie VERONDERSTEL is om 'n verbond te wees nie. Maar jy het jou feite skeef as jy impliseer dat dit NIE is wat die 3 Afrikaanse susterskerke predik nie.
Ek haal aan uit die NG Doopformulier:
Onder die hofie "Wat is die doop?" verskyn die volgende punt:
"Die doop in die Naam van die drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, beteken en verkondig:
* dat die Here DAARDEUR bevestig dat Hy ons in sy VERBOND insluit ... en ons deel laat hê aan die voorregte van die VERBOND." My beklemtoning.
Onder 'n volgende hofie: "VERBONDskinders moet gedoop word" word die volgende gesê:
"Kinders van gelowiges moet gedoop word omdat God die kind van die begin af insluit in sy VERBOND met gelowige ouers." My beklemtoning.
Voeg hierby die antwoord op Vraag 74 van die Heidelbergse Kategismus (BELYDENISSKRIF (!) van die Afrikaanse susterskerke - dus amptelike doktrine van hierdie kerke):
"Vraag 74: Moet die jong kinders ook gedoop word?
Antwoord: Ja, aangesien hulle net soos die volwassenes in die VERBOND van God en sy gemeente ingesluit is ... Daarom moet hulle ook deur die doop AS TEKEN VAN DIE VERBOND in die Christelike Kerk ingelyf word ..." My beklemtoning.
3. Jy beweer: "Dit is gewoon n simboliese handeling wat wys na die verbond wat God deur Jesus Christus met ons gesluit het."
Wat is die nagmaal dan? Is die nagmaal (simbole: vlees en bloed) dan nie juis DIE simboliese handeling wat wys na die verbond nie? Waar kom hierdie water-ritueel "wat wys na die verbond" dan vandaan? Is daar dan nou skielik TWEE simboliese handelinge wat wys na die verbond?
4. Jy beweer: "ek ... het geen vrees vir die demoniese magte wat jy meen wat onwetend n houvas op my sou kon he nie. Jesus Christus is my Redder en Verlosser daarom is ek in alles oorwinnaar."
Petrus sou dieselfde kon sê. Hy is DIE dissipel wat teenoor Jesus bely: "U is die Christus, die Seun van die lewende God." (Mat. 16:16) Maar net 7 verse verder sê Jesus vir Petrus: "Moenie in my pad staan nie, Satan!" (Mat. 16:23). Was Petrus se saligheid in gedrang? Beslis nie, maar die Satan was besig om met hom woer-woer te speel OMDAT PETRUS HOM TOEGELAAT HET!
Dis nie die huiseienaar wat die laaste sê het oor die gehalte van die slotte wat hy teen inbrekers aanbring nie. Die inbreker het die laaste sê! As die inbreker nie dink dis goeie slotte nie, het die huiseienaar probleme!
En glo my - die een wat kom om te slag en te steel, sal jou geestelike "slotte" tot in die fynste detail inspekteer om te kyk of dit aan die Groot Slotmaker se kwaliteitstandaarde voldoen. En as hy sy eie toegangskodes of -sleutels daarin vind, gaan hy dit gebruik om in te breek - maak nie saak HOE hoog jy as huiseienaar die kwaliteit van jou "slotte" ag nie.
Selfs Jesus is geïnspekteer:
"die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie" (Joh. 14:30).
Satan kon NIKS wat aan hom behoort in Jesus vind nie.
Jy kan jou slegs op Jesus beroep in die mate wat jy in Jesus is. En in Jesus is daar NIKS van Satan nie - ook nie waterverbonde nie!
Wat dink jy gaan gebeur as nie Satan nie, maar God die Vader na Jesus kyk en vir JOU met jou waterverbond binne Jesus vind? Sal Hy sê: "Ag toemaar wat, kom ons laat maar hierdie liewe Marius met sy ou waterverbondjie met die Hoer van Babilon binne-in my Seun toe. Jammer, my Seun, dit maak Jou nou wel onheilig, maar hoewel hierdie sonde nou wel onbely is, en Marius glad nie berou het daaroor nie, sal Ons dit maar moet oorsien, want Marius het sy kerkleiers geglo."
As jy die paragraaf hierbo aanstootlik vind - dis presies wat jy impliseer die Vader te doen staan!
5. Die boek van Prediker sê:
"Moenie voortvarend wees nie, moenie by ‘n swak saak staan nie, gee liewer pad voor die koning, want hy doen wat hy goed vind." (Pred. 8:3)
Die kinderdoop is 'n ongelooflike swak saak. Moenie daarby staan nie. Jy gaan jou saak verloor. Eendag, as die Groot Trompet blaas, is die tyd vir slimpraatjies en doktrine verby, want dan openbaar die Alwetende, Almagtige, Alomteenwoordige Homself. Gee liewer nou al pad voor die Koning!
6. JY antwoord nie MY vraag nie:
Vind jy dit nie vreemd dat die NT sy OT-heenwysings NIE probeer vind in die besnydenis nie? (Volgens Calvinistiese Kinderdoop-doktrine is besnydenis die primêre OT heenwyser na die Doop, en het die Kinderdoop dit in die NT vervang!)
7. Ek voel gevlei dat jy my opmerkings hierbo met Confusius se wysheid vergelyk, maar in die konteks van die debat is dit 'n sinnelose opmerking. Persoonlik het ek nog nooit, en stel ek ook nie belang om Confusius te lees nie.
8. Op onvolwasse wyse neem jy weer eens geen verantwoordelikheid vir jou uitlatings nie. Jy ignoreer onbeskof my billike versoek (as eienaar van hierdie webwerf) om jouself dmv VAN en DORP VAN HERKOMS te identifiseer. Sal jy sulke onbeskoftheid in JOU huis toelaat? Ek nie. As jy of enigiemand anders hierdie optrede herhaal, sal ek julle sonder opgaaf van redes blokkeer, of desnoods hierdie meningsforum op my webwerf sluit. Ek skuil nie agter anonimiteit nie. Hierdie is nie 'n reklamebord vir elke Jan Rap en sy maat se onverantwoordelike, anonieme idees nie.
cobis Wilson 17 Jul 2011 at 19:39
Eben jy val Marius aan oor hy nie sy naam van en epos adres laat nie. Ek het al 4 eposse gestuur, waarop jy nog nie reageer het nie. Geluk Marius, jy is van die min mense hier wat ten minste genoeg verstand het om Eben vas te vat, want die vet weet , Eben, jou volgelinge getuig uit selektiewe kennis en vir enige kenner op sy gebied soos MARIUS, lyk julle soos fratse en idiote. Ek sien ook daar is geen manier waarop mens jou HEILGDOM kan betree nie. Net so GEHEIMSINNIG dalk soos die VRYMESSELAARS wat jy veroordeel. Geen telefoon of sel nommer, adres, (behalwe epos).
Eben Swart 18 Jul 2011 at 09:19
Reg so, Cobis. Jy het my per e-pos uitgenooi na 'n ope aand in 'n Vrymesselaarslosie - waar derdegraadse Vrymesselaars my wil probeer wysmaak waaroor Vrymesselary nou eintlik gaan. Derdegraadse Vrymesselaars, Cobis, het nog nie 'n benul waaroor Vrymesselary gaan nie - hoewel hulle DINK hulle het. 'n Vriend van my vir wie Jesus uit die hoogste grade van esoteriese Vrymesselary (weet jy hoegenaamd wat DIT is, Cobis?) gered het, getuig dat die geestelike sluier wat tydens die eerstegraadse inlywingsritueel oor jou gees en verstand getrek word, volkome is. Dan KAN jy geestelike dinge nie insien nie - al wil en probeer jy ook.
Jy is een van hulle, Cobis, en die Vader se Heilige Gees het my gewaarsku om nie op jou e-posse te reageer nie. En, soos altyd, was Hy reg. Hier wys jy nou jou ware Vrymesselaarskleure.
Ek is nie 'n openbare dienstemaatskappy nie. Ek word nie met belastingbetalersgeld gefinansier nie. Ek leef in geloof, Cobis, en die Vader finansier my. Hy is my baas. Daarom doen ek net wat Hy sê. Ek is onder GEEN verpligting om enigiemand terwille te wees nie - behalwe as Hy so sê. Jy het geen REG op reaksie van my af nie. Niemand het enige REG om op my webblad op my te skel nie of hul onheilige of oningeligte opinies hier te publiseer nie. Ek probeer ook my webblad tot Sy eer bedryf.
Duidelik is EK nie die probleem nie. Jy sukkel om by Hom verby te kom na my "heiligdom" toe, want Hy ken jou Vrymesselaarshart. Die enigste manier om by Hom verby te kom, is DEUR sy Seun, Jesus Christus (wat verklaar dat Hy NIKS in die geheim sê nie). As jy Hom dus wil volg, Cobis, sal jy jou aan Sy gesag moet onderwerp, jou sonde bely en jou Vrymesselary (waar BAIE in die geheim gesê word) moet laat staan en verloën, Sy vergifnis aanvaar en met onderdompeling gedoop word. Dis die Bybelse weg. Daarmee help ek jou graag.
Voordat DIT nie gebeur nie, Cobis, het ek vir jou absoluut niks verder te sê nie.
Careline Fouche 21 Jul 2011 at 22:50
Ek het nou n heel omstrede ding om te vra ek het begin om die series SUPERNATURAL te kyk.
Ek wou eers nie, maar dit het my aandag gevange gehou omdat dit oor demone, engele en broederliefde en omgee vir die mensdom gaan. Ook omdat daar deesdae soveel boeke en film oor sg. legendes aka vampires weerwolwe ens is asof die mensdom na sulke dinge begin soek. Fiksie dui baie keer op die toekoms.

Ja ek weet die meeste van die goed wat hulle in SUPERNATURAL wys en veral oor die eind tye te seg het en ook heelwat ander dinge is nie werklik dit wat die Bybel leer nie, tensy die vertalers werklik ons wou verblind vir die waarheid.

Daar is tog elemente in die Supernatural, storie wat hulle oor Engele en demone, spoke en dies meer te seg het wat so onwaarskynlik dat dit byna werklik kan wees. the truth is stranger than fiction and all that

Wat in die storie is net opgemaakte stories en hoeveel van dit wat hulle daarin wys is die waarheid?
Ek vra dit aangesien die mense wat Bevryding doen en die gawe ontvang het om die tipe dinge (demone en engele) te kan "sien" tog meer sal weet as ek.

Ek betwyfel nie die bestaan van Engele, demone en selfs spoke nie en sou myself as dit nodig is wou voorberei want ek glo hoe nader en meer mens met God te doen het hoe meer gaan jy sien en verstaan en ons styd is tog teen die bose magte (efs 6) Watter google site is reputable vir navorsing oor die tipe dinge?

Baie dankie weer eens vir n puik web blad en vir die werk wat julle doen

groete Careline
Riekert Joubert 24 Jul 2011 at 19:52
Ek vind Eben se DVD's baie leersaam en interessant, en is dankbaar vir al die navorsing wat reeds gedoen is. Mens kan baie leer uit navorsing, sonder dat jy self die foute van jou ouers/vorige generasies hoef te maak en op die lang manier leer deur Trial and Error!

Ek sukkel met die volgende... (iemand help asseblief! Hierdie gedagtes is seker n eeue-oue debat, maar nog redelik nuut vir my!) Is navorsing altyd goed?

Navorsing bewys dat sitplekgordels of baba-stoeltjies in motors lewens red. Ons weet ook byvoorbeeld dat lugsakke help. Dis feite, nie opinies nie. Waar stop my verantwoordelikhied as Christen om myself te beveilig, en waar begin Ps. 91? As ek weet ek stel myself in gevaar om middernag in n gevaarlike area te stap, of om sonder n lugsak of sitplekgordel te ry, kan ek steeds Jesus se bloed oor my bid?

Ek verstaan obedience. Bv, as ek nie die padreels gehoorsaam nie, en oor n rooi lig ry, word ek nie beskerm nie, maar daar is geen reels op korttermyn versekring of die veiligheidskenmerke van jou motor of huis nie. Die 'duiwel' kom soos n dief in die nag, en ons moet ons oe oophou vir aanvalle, maar hoeveel is regtig ONS verantwoordelikheid? En hoe moet ons onsself beveilig en verseker?

Eben praat van versekering uitneem, 'net ingeval Ps.91 nie werk nie'. Ek het al gehoor van boere wat sonder versekering boer in geloof. Ek sukkel om die fyn lyne tussen Vrees/Versekering/Verantwoordelikheid en Geloof raak te sien.


Moet mens maar net maak soos elke gemiddelde Afrikaner gewoond is?
Ry ons nuwerige motors met sitplekgordels en bly weg van areas met hoe misdaadsyfers:

OMDAT ONS VERANTWOORDELIK EN WYS IS?
(Kennis is mag, en navorsing en observasie leer ons van risiko. Spreuke leer ons van wysheid, dwaasheid en verantwoordelikheid)

OF OMDAT ONS BANG IS?
(net ingeval Ps.91 nie werk nie)
Mariette 25 Jul 2011 at 07:06
Hallo Riekert
Ek sien jy het 'n probleem met versekering , en dat Eben se jy moet dit uit neem
As jy na Eben se " Vrymesselary in SA kerke" DVD kyk sal jy sien dat hy se " vereskering uitneem is nie 'n goeie ding nie . Ons moet glo want mense wat versekering het koop " vrees " . Mnese wat versekering verkoop verkoop , maak 'n lewe daaruit om vrees te verkoop . Ek dink jy het dit dalk verkeerd om verstaan , wel dis hoe ek dit verstaan het

Dankie Eben vir 'n great DVD my oogpunt is om hierrdie DVD te versprei deur die hele land
Eben Swart 25 Jul 2011 at 12:06
Careline

Met "supernatural" fiksie moet 'n mens uiters versigtig wees. Die skrywers van sulke reekse kan die storielyn sodanig ontwerp dat hulle 'n klomp valse idees in mense se koppe plant wat hulle onbewustelik glo, omdat mense dit nooit bevraagteken nie. Ekself kyk nie die reeks nie, maar as 'n mens nie die waarheid ken nie, glo mens maklik 'n klomp fiktiewe leuens.
Eben Swart 25 Jul 2011 at 12:14
Riekert

Dis 'n baie geldige vraag wat jy vra. Op die ou end moet elke mens individueel aangaande sy eie unieke omstandighede by die Gees hoor wat die balans tussen geloof en verantwoordelikheid is: 'n Nasie in 'n staat van oorlog het meer sekerheidsmaatreëls nodig as 'n nasie wat nie in oorlog verkeer nie. Maar persoonlik glo ek dat die korttermymversekeringsbedryf bloot mense se ongeloof versterk. In plaas van om mense se lewens te help belyn met God se orde (dis by verre die beste versekeringspolis wat bestaan!), buit hulle mense se vrees uit, en moedig mense aan om 'n STELSEL (ipv vir God) te vertrou vir hul veiligheid. Hierdie stelsels stel mense in staat om voort te gaan met hul sonde, links en regs deure oop te maak vir sonde en skade, en die gevolge van die skade vry te spring. Is so 'n stelsel voordelig vir 'n land se ekonomie?
Riekert Joubert 25 Jul 2011 at 23:56
Dankie Eben,

Jou antwoord het my kop in n nuwe rigting gesit. Dalk is dit juis die 'vryspring van GEVOLGE' en nie OORSAKE nie, wat versekering so kontroversieel maak. Goed soos veiligheidsgordels, lugsakke en alarmstelsels is PREVENTATIVE. En dalk het ons n groter verantwoordelikheid om onsself te beskerm, en ons moet God dalk meer vertrou met die gevolge? Ek weet nie, dis maar hoe ek dink.


Die studieveld van hoe kinders morele waardes internaliseer is gewelig interessant. Jare se navorsing vanaf die Skandinawiese lande tot in Amerika toon dat kinders morele waarders aanleer deur hul rolmodelle se gedrag die observeer, met hul te identifiseer, te kopieer en dan te internaliseer.

As ouers/opvoeders byvoorbeeld konflik oplos deur hul humeur te verloor en kinders fisies aan te rand of in woede te slaan, is die kanse groter dat die man of vrou dieselfe in die huwelik sal doen as hulle nooit effektiewe kommunikasie en "tools" aangeleer is om probleme op te los nie. Die navorsing en feite is beskikbaar, amper algemene kennis en logies. Dit gaan oor fisiese sterkte en dominering (amper Darwinisties) en nie oor leiding nie. Het Jesus mense met geweld forseer en gedreig of het Hy mense gelei deur Sy optrede en voorbeeld?

Jy kan vir n kind se dis verkeerd om ander te slaan (todat jy blou raak in die gesig), maar as jy dit self verkeerd modeleer, is die kanse groot dat die kind dit sal internaliseer, en dit later in sy lewe gaan toepas. As kinders in 'n legalistiese huishouding grootgemak word van:"Julle MAG nie dit of dat doen nie, want dan gaan jul pak kry", leer hulle bloot om straf te vermy (die wortel van baie leuens, skelmstreke en oneerlike persoonlikhede is hier te vinde!). Dit is tog so helder soos die Nuwe Testament teenoor die Ou Testament, waar ons nou verstaan dat ons iets NIE WIL DOEN NIE (Liefde), ipv NIE MAG DOEN NIE (Vrees).

As ek hierdie feite aan ouer mense noem, is ek nie baie populer nie, en ek loop vas teen n muur. Hulle redenasies is meestal:
"My pa se pa se pa ens. het almal pakgekry en ons is fine. Ons is bly ons het pak gekry en vandag se kinders het net n goeie pakslae nodig". KAN ONS NIE HIERDIE BOSE, SELF-RIGTHEOUS KRINGLOOP STOP NIE?

Die ander redenasies is dat die Bybel jou beveel om jou kind te slaan. Ek het nog nooit dit raakgelees nie. Ek weet Hebreers 12:4-9 praat van tug. Maar SLAAN die NG dominees hul gemeentelede as hulle onder TUG geplaas word? Sover ek kan onthou praat die Engelse weergawes van "the Lord disciplines". Om te disiplineer of om dissipels te wees het tog niks met fisiese aanranding te doen nie.

Daar is baie lesse te leer uit Salamo se spreuke en veral sy ouerskap styl. Mens kan Salamo se spreuke ook uit konteks neem. Hy praat baie duidelik van SLAAN as middel van straf. Maar ons kan tog sekerlik nie die GEVOLGE vermy dat dat sy seun, Rehabeam die mees gehate en gevreesde leier van sy tyd geword het nie. Was Jesus 'n gehate en gevreesde rolmodel en leier?

Rehabeam was geweldig insecure (VREES) toe hy as koning gekroon word. Hy het eers vir die ouer manne, en toe die jonger manne raad gevra oor hoe swaar hy die juk op Israel moet rus. Dit het gegaan oor hul VERPLIGTINGE (wat hul MOES doen). Toe volg hy op die ou end sy eie geinternaliseerde stelsel: straf met geweld.

1 Konings 12:14 "My pa het julle met swepe geslaan, ek sal julle met gesels slaan", "My pinkie is dikker as my pa se middellyf". Hierdie is tog baie duidelike bewyse wat aandui hoe hy sielkundig geskend is, en n grootheidswaansin buite proporsie ontwikkel het, die oomblik toe sy pa dood is. Dit is n algemene kenmerk van n legalistiese ("jy MAG nie") ouerskap styl, dat kinders/tieners/studente heeltemal die pad byster raak sodra die ouer nie daar is om te straf nie. (Dalk is dit ook n aansluiting by mense wat versekering uitneem, omdat hulle VREES het vir die gevolge, ipv om op God te vertrou, soos Hy in Psalm 91 in liefde belowe)

"Pakgee met Liefde" is dus vir my onverklaarbaar uit n Christelike oogpunt.

Mens kan tog enige advies uit die Bybel buite konteks neem. Wat sou gebeur as ons die gevolge wegneem van die advies: " ...julle sal beslis nie sterf nie as julle van hierdie boom eet nie"?

Hierdie is tog baie duidelike lesse in die Bybel vir ons om te leer: Gevolge van Salamo se legalistiese en gewelddadige ouerskap styl, gevolge van Eva se ongehoorsaamheid ens. Daar is te veel om op te noem.

Gaan lees in vers 18 wat toe gebeur met Rehabeam, en die gevolge van sy leierskap styl. Hy het vir Adoniram na Israel toe gestuur, maar die Israeliete het hom met klippe doodgegooi. Rehabeam het dit net net reggekry om op sy strydwa te kom en na Jerusalem te vlug. So het Jerusalem in opstand gekom teen die koningshuis van Dawid.

Ons sien hier baie negatiewe GEVOLGE van leierskap met geweld en VREES. Dit wek net meer vrees (selfs in Rehabeam self, want HY moes vlug!) en geweld in die Israeliete. Verder nog opstandigheid, en ongehoorsaamheid.


Is dit die nalatensakp wat ons aan ons kinders wil los?

Ons moet baie diep gaan dink en bid oor die patrone en gewoontes van ons ouers wat ons so blindelings navolg. Ons ly dalk al vir baie generasies onder die GEVOLGE (blindelings, of dalk probeer ons dit juis vryspring) van hierdie geweld en VREES, in plaas van om verantwoordelikheid hiervoor te neem en om onsself in kundige ouerskap in God se Liefde toe te rus.

Die Bybel is tog baie duidelik hieroor.
Piet Pool (Black) 27 Jul 2011 at 20:20
Graag wil ek vir Eben Swart en sy span gelukwens en sommer ook hartlik bedank vir al die inligting wat hul die publiek bied deur DVD's. Soos Eben tereg sê mens kan nie weer in jou Kerk sit sonder om te dink aan al die dinge wat verkeerd is - soos bv. die toring reg in die middel van die gebou met die haan heel bo-op. 'n Mens voel verskriklik dom dat jy al die jare so mislei kon word. Ek probeer my bes om die inligting aan soveel mense as moontlik deur te gee.
Die rympie wat Eben sommer 'n lawwe rympie in sy nuutste DVD oor die Vals Priesterdom
noem, geniet ons verskriklik baie. Dit kom sommer so vanself by mens op as mens die sogenaamde hoë intellek van die Vals Priesterdom ervaar.
Wat vir my opvallend is is dat mens nêrens in die Kerk hoor van Eben Swart of sy stryd teen die Vrymesselary nie. Dis tog heeltemal onmoontlik dat geen predikant of
kerkraadslid nou nog nie van al hierdie dinge gehoor het nie. Ek kry die idee hul is nie reg vir 'n debat nie. Wil nog steeds die dinge wegsteek. Wil nie bely en vergifnis vra nie. Hoop nog steeds om dit dood te swyg. Dis tog nie vir ewig moontlik nie. Ek sou dink dat 'n program soos Kruis en Dwars op RSG vir Eben behoort te nooi, maar met Symington as broederbonder betrokke is dit seker wensdenkery.
wessel 28 Jul 2011 at 19:09
Liewe Eben

My skoonpa het baie jare terug by vrymesselary betrokke geraak maar is baie gou weer daar uit ek weet wel hy was geblinddoek en in die losie rond gelei deur die rituele ek wil net weet wat se vloeke kan daar op hom, my vrou, en kinders rus deur sy doen en late en hoe breek ek vloeke waarvan ek nie weet nie. Ek sal dit wardeer as u my terrugvoering kan gee.
Hanli Steenkamp 30 Jul 2011 at 21:58
Shalom Boeta Eben,
Ek het jou DVD's gekyk: Die Valse Profete in ons kerke - Die Vrymesselary.

Ek het dit baie insiggewend en informatief gevind. Ek sou egter 'n verkorte weergawe daarvan wou kry. 'n DVD wat slegs een of twee voorbeelde wys van 'n kerkgebou met AL die vrymesselaar tekens daarin - Ek sal dit graag wil versprei, maar die meeste mense hou VOOR die einde van die DVD OP om te kyk en MIS dan die UITERS Belangrike gebed aan die einde van die 2e DVD. Ek wil byna se, dat die HELE 2e DVD byna gesny kan word na 3foto's en die afsluiting: "Wat Nou".

Nogmaals baie dankie vir jou toewyding en gehoorsaamheid in hierdie verband. Ek was vir 45jaar in die NG Kerk en toe ek die roepstem hoor: "Kom uit haar uit..." het ek en my hele gesin, man en 3 kinders; oorgegaan na die "His People Kerk" in Kaapstad toe. Ons was daar vir 9jaar en het waardevolle kennis daar opgedoen - veral met betrekking tot geestelike oorlogvoering. Het as HELE gesin 'n 2jaar Bybel-skool bygewoon en voltooi. My seun was 13 toe ons ons 2e jaar Bybelskool sertifikate kry.... Maar weereens het die stem gekom: "Kom uit haar uit...."

Deur 'n vreemde sameloop van omstandighede is ek en my man in 2003 geskei... en sederdien sit ek by Vader se voete en leer HY my.... die afgelope 2 weke het hierdie skrif weer baie skerp by my opgekom... Ezeg 3 en Jer 1:9b+10; 12; 17-19.

Ek WEET ek het 'n opdrag om die basuin te blaas en my volk van hulle sondes te vertel! Jes 58:1, en dan om te help om hulle te genees en te verbind en uit gevangenis uit te lei, ens, ens... (res van Jes 58...) Dankie dus weereens vir hierdie wonderlike hulpmiddel.

As 'n verkorte weergawe moontlik is.... Bid daaroor en laat my weet.

Vreugde Groete in Messias,

Hanli (Joy), Want die Blydskap van Messias is my krag....
079 677 8855
021 856 5939
Eben Swart 1 Aug 2011 at 15:16
Wessel, jy kan 'n verloëningsgebed vir Vrymesselary aflaai van Kanaan Bedieninge se webblad (sien skakel hierbo links), of jy kan die gebed aan die einde van ons DVD-reeks hieroor saam met die DVD bid.
Eben Swart 1 Aug 2011 at 15:20
Hanli
'n Verkorte weergawe van die DVD is nie nodig nie. Daar is 'n "skip"-funksie op elke DVD-speler se afstandbeheer wat mens toelaat om 'n deel van die DVD te "skip". Ons het die hoofstukke op die betrokke DVD netjies ingedeel sodat mens telkens presies tot by die begin van die volgende afdeling "skip". Mense moet net hul gesonde verstand gebruik!
wessel 1 Aug 2011 at 19:22
Dankie Eben vir die terugvoering ek wardeer dit ek weet nie waar jy al die tyd kry nie maar dus wonderlik om te sien hoe jy tyd maak vir ons broers en susters ons kan net bid vir die nodige krag om jou aan die gang te hou en deur te dra elke dag.Dankie.
Martin Hoffmann 8 Aug 2011 at 00:17
Marius en Cobis.

Ek onthou nou weer ewe skielik hoe n pakslae gevoel het toe ek n KIND was.

Ek wil julle gesigte sien die dag wanneer julle die waarheid snap.
FREEDOM

~ met liefde
Nicoleen 24 Aug 2011 at 14:35
Wou net graag die deel in verband met die Kundalini.

Ek was op ‘n stadium betrokke met dwelms. Net soos ander mense gedrink het op naweke as hulle uit gaan het ons maar Ecstacy pille gebruik en partykeer LSD. Dit was net ‘n social ding, ek was nooit verslaaf daaraan nie. Die LSD het dieselfde effek op my gehad as wat die kundalini op die dame gehad het wat vir bevryding by jou gekom het. Ek het die 1 aand in die klub lsd gevat en dit het geklink of daar 5 vlakke van musiek was maar ek het almal terselfde tyd gehoor en dis asof hulle so in mekaar gevloei het. Ook gevoel of ek die musiek kon sien – moeilik om dit presies te beskryf. Alles het ook altyd beweeg – gelyk of blommetjies se takke heeltyd groei alhoewel dit nie langer geword het nie. Alles het kleure oor hulle gehad – het gelyk soos die reenboog kleure soos wanneer die son op olie skyn wat op die teerpad le. ‘n Prentjie van ‘n kitaar – gelyk of die kitaar heeltyd gespeel het. Die effekte het ook baie lank aan gehou – as jy nou die volgende oggend wil gaan slaap dan beweeg alles nog so en jy sien klomp patrone teen die muur en mens kon voel die goed sit in jou rugmurg. My speeksel binne my mond het gevoel soos ysblokkies wat ek stukkend kou die heeltyd.

Ek het tot bekering gekom na dit en die Here het my vry gemaak van alles
Deon Barnard 19 Sep 2011 at 20:44
Net om aan te sluit by Martin Hoffman - Marius en Cobis en die waarheid. Koop vir julle William Schnoebelen se boek "Masoney: Beyond the Light". Ek haal die groot guru Albert Pike "Sovereign(sic) Grand Commander of the Supreme Council of the Grand Sovereign Inspectors General of the Thirty-third Degree", aan: "Every Masonic Lodge is a temple of religion and its teachings are instructions in religion". Dus daar het ons dit - dit is 'n geloof!

Weer Pike: "Yes, Lucifer is God, and unfortunately Adonay is also God. For the eternal law is that there is no lightwithout shade, no beauty without uglyness, no white without black, for the absolute can only exist as two gods: darkness being necessary for light to serve its foil as the pedestal is necssaryto the state...

Thus the doctrine of Satanism is a herecy; and the true and pure philosophical religion is the belief in Lucifer, the equal of Adonay; but Lucifer, God of Light and God of Good, is struggling for humanity against Adonay, the God of Darkness and Evil". Say no more Albert, say no more!- Maar hy het nog baie ander "wyshede" kwytgeraak. Wildie twee wys menere dalk meer weet? Koop die boek, word wys en ervaar die FREEDOM in Martin se opmerking.

Mag ons hemelse Vader julle daarmee help.
wessel 20 Sep 2011 at 20:20
Die NG kerk hier by ons het 'n nuusbrief uitgebring oor die vrymesselary tekens in die kerk nadat jou dvd's die ronte begin doen het waar hulle die mense waarsku dat dit die mense wil verdeel en waar hulle die tekens erken as vrymesselaar tekens en 15 jaar terug gebid het om bindinge te breek maar hulle regverdig die tekens nou in die kerk deur die standpunte dat die bindinge gebreuk is dat van die simbole soos die son in die voorportaal God sin is en ook bybelse betekenis het en dan die belangrikste standpunt Jeremia 10 vers 1 tot 16 met die klem op vers 5; Sulke gode kan net so min praat as 'n voelverskrikker in 'n komkommerland; hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Moenie vir hulle bang wees nie, want hulle het geen mag om goed of kwaad te doen nie. Wat my nou bekommer ,en ek het jou dvd's oor vrymesselary gekyk wat skokkend was en waarmee ek saam stem, is hoe regverdig ek dit nou alles want as God se Woord lees dat ons nie vir dit bang moet wees nie en dat dit geen mag het om goed of kwaad te doen nie is dit mos presies wat daar staan en dan verval al die dinge mos in die dvd's.Kan jy my net hier weer op die regte pad kry asb.
Deon Barnard 20 Sep 2011 at 21:55
Ek is besig om Eben se DVD's weer en weer te kyk en ek kan steeds my ore en oë nie glo nie. Terloops ek dink amper hy waarsku iewers dat "na vandag sal jy nooit weer kan sê, ek het nie geweet nie". Ek stem dus met hom saam,"Kom uit haar uit, my volk".
En gaan kyk maar weer in Hand. 17:16 en wat daarop volg. Toe Paulus in Athene rondgeloop het, het hy erg omgekrap geraak oor al die afgodsbeelde wat hy oral teegekom het. Na sy redevoering in die Areopagus het hy nie opgehou om die "onbekende God" te verkondig nie en die Areopagiete sou ook nooit weer kon sê: "Ons het nie geweet nie".
Eben Swart 24 Sep 2011 at 18:47
Ag nee, Wessel man! Ek het jou dan SOO mooi in die DVD geleer om jou nie te laat flous deur "opsetlik selektiewe inligting" nie. Ek het julle nuusbrief via ander kanale ontvang. Dit spreek hoegenaamd nie die kernaspek van diep gewortelde Vrymesselary onder kerkleiers aan nie. Jul kerkleiers is duidelik nie van plan die sondes van hul kerk te bely nie. Hulle is eerder slim en probeer dit met lam verskonings wegredeneer. Waarom haal hulle daardie teks aan wat jy beskryf? Dit sê bloot ons hoef nie vir heidense gode bang te wees nie. Maar dit gee ons nie die reg om hulle beelde en simbole in ons midde aan te hou nie! Jou predikante weet van beter. Dis gewoon 'n oneerlike slenter om hulself uit die moeilikheid uit te praat.
wessel 26 Sep 2011 at 19:58
Dankie vir jou terugvoering ek verstaan honderd persent dat jy geen afgode voor die Here se aangesig mag hê nie ek het self my huis skoon gemaak van afgods beelde en okkultiese simboliek en die NG kerk verlaat maar my klem lê daarop of daardie fisiese beeld of okkultiese simbool wat daar in die kerk of in jou huis is iets kan doen soos vloek oor jou lewe bring wat ek ook honderd persent geglo het en dit nog steeds glo maar dan kyk ek na Jer. 10 vers 5 dan wonder ek want dit staan tog daar dat daardie fisiese beeld geen goed of kwaad kan doen nie. Want as 'n bose gees daarin kan kleef en sodoende vloek oor jou bring dan regverdig dit mos nie vers 5 nie en dit voel dan vir my wie is ons dan om te sê dat dit kan kwaad doen as God se Woord sê dat dit nie goed of kwaad kan doen nie.Ek is nog steeds van die pad af kan jy my weer daarop kry asb.
Mariette 28 Sep 2011 at 20:16
Hi wessel . Ek s maar dom met die goed maar dis waar daai afgod kan jou nie kwaad aan doen nie . Hoe ek dit egter verstaan is dat GOD jou nie sal seen , nie die reen sal stuur as Hy daai goed by jou kry . die laaste sin van daardie vers se " maar daar is ook geen goed doen by hulle nie"
Deon Barnard 1 Oct 2011 at 19:00
Mariette, ek et ook weer na die betrokke vers gaan kyk - Amen! , op jou opmerking oor die laaste gedeelte van die vers.
Groete uit Tergniet.
SHREK 11 Oct 2011 at 10:13
Wessel, jy sal ook ALLE geld uit jou lewe moet verwyder! Jesus self noem geld die afgod Mammon!
So kan ons tog nie redeneer nie. Afgodsdiens lê in 'n mens se hart Mark 7:14-23. Kontak my gerus by shrek@mailinator.com
Deon Barnard 13 Oct 2011 at 15:38
Shrek, Jy weet duidelik nie wie mammon is nie. Gaan lees Matt.6:24 en Luk.16:9,11 en 13 - en dan binne die konteks van wat in die betrokke gedeeltes staan. Jesus en sy dissipels het self geld hanteer; Judas was dan die beursdraer. En wat van die gedeelte oor die belastingmunt. Paulus stel dit pragtig in 1 Tim. 6:10(verskoon die Brits). "For the LOVE of money is the root of all evil...". Nie die geld nie, maar die oordrewe beheptheid met rykdom en wêreldsgoed - dit wat ons deesdae al meer en meer rondom ons waarneem. Alle geld uit jou lewe verwyder? Nee Shrek, dis nie wat Jesus leer nie, en afgodsdiens is bepaald nie net in die hart nie - dit is ook fisies.
SHREK 14 Oct 2011 at 15:24
Deon, dankie vir jou antwoord en dat jy bereid is om openlik debat te voer.
Ek is baie bly dat jy sê dat gedeeltes binne die konteks waarin hulle staan gelees moet word, want ons moet ALLE tekste so lees. Nie lukraak versies buite konteks aanhaal nie.
Mammon was die naam van die afgod vir geld. Soos jy in wikipedia gelees het. Soos jy terreg sê is dit nie geld asulks nie, maar die LIEFDE vir geld. Maw mense wat in hulle harte meer lief is vir geld as vir God.
Dieselfde beginseld geld tov ander sg. "afgode". Op hulle eie (soos geld) beteken hulle niks. Wanneer mense se liefde vir die dinge erger raak as God, dan word dit 'n afgod (Mammon). Afgode kan daarom enigiets wees: Geld, budah-beeld, drake, sportspanne, man of vrou, my eie liggaam ens. Afgode lê in mense se harte nie in DINGE nie!
Deon Barnard 15 Oct 2011 at 19:23
Shrek, Openlike debat? - ek wil nie debat voer nie; het nie die tyd daarvoor nie. Wie is 'Shrek"? Het jy 'n naam? Jy noem dat ek uit Wikipedia aanhaal - bewaar my daarvan dat ek die Skrif vanuit so 'n bron bestudeer. Mammon was en word nie geheel en al met geld verbind nie, maar word in taller kommentare met rykdom en wêreldsgesindheid, soos jyself noem, verbind. "God of riches", sê een kommentaar. Die Samaritane het hom selfs met "gluttony", vereenselwig. Hoofsaak is, God het ons 'n vrye wil gegee om te kies om of Hom te dien - en Hom alleen - of die wêreld met al sy aanloklikhede; nie albei nie.Jou raad aan Wessel om alle geld uit sy lewe te verwyder - dis mos snert en jy weet dit.

Groete uit Tergniet( nou weet jy waar ek woon ook)
Mariette 23 Nov 2011 at 20:57
Shrek , Hosea 4:6 se my volk gaan ten gronde agv 'n gebrek aan kennis , ............In Haggai 2 vers 8 staan daar “Aan My behoort die silwer en aan My die goud, spreek die HERE van die leërskare en in Joel 3:5 staan daar “Want julle het MY silwer en my goud geneem en my kosbare skatte na julle tempels gebring. So ek verstaan dat geldgierigheid van die duiwelis en dan maak jy daarvan ‘n afgoed / mamon
Volgeling...(Careline) 30 Jan 2012 at 14:11
Vir al die wat dink hulle is volgelinge en die wat dink Eben Swart het volgelinge...

Word wakker-
Wees ’n volgeling van Jesus!
So loop nie agter die of daardie prediker of die of daardie dinominasie, sekte of sg. waarheid of wat jy self wil glo aan nie.

Kry en werk aan ’n persoonlike verhouding met God die almagtige Vader, wat Sy Heilige Gees stuur om jou te leer, te oortuig van sonde en te herinner wie God is.

As dit so is sal jy weet wanneer iemand die waarheid praat of wat hy of sy kwyt raak sommer net snert is!
Dan sal jy bly wees oor wat die waarheid is en plaas van jou eie agenda hê en jou energie gebruik tot die verpreiding van die Koninkryk van God in plaas van ’n gestry oor die of daardie of ’n aanval op die of daardie sienning of persoon omdat jy nie saamstem of oortuig wil wees nie! Nie dat dit Meneer Swart of sy sg. volgelinge of ek, is wat jou wil of moet oortuig van iets nie.

As jy God ken en Hy jou ken: dan sal jy ook weet dat ons vir te lank verplig was om te luister na wat ander glo te seg het en doen omdat hulle titels, charisma, en boeke kennis, sommigevan hulle werklik geroep, maar het die pad byster geraak.

Ons dink ons is gered en dien God mos en dis mos makliker as die prediker, die dominee, die pastoor bid en die Bybel lees namens ons.
In die meeste gevalle gaan dit oor geld, mag en selfsug en om deel te wees van die Konikryk van die wêreld en ons vas te hou in die mentalitiet van maak soos ons seg moet tog nie die bootjie anders roer nie, moet tog nie self glo, self in geloof lewe en ander wil help en lei nie.

Ja, ek weet en glo daar is mense wat God lief het, wat in die Kerke in SA wel tot God gekom het, wel God ken en Hom wil dien soos die Bybel wil, MAAR daar is ook die wat wil geld maak, wat mense en dinge beheer(en hulle kry dit reg) sodat almal vasgevang kan raak in wat die wêreld en die met baie geld wil- een geloof, een geldeenhied, een manier van doen.

Ons is bang en balhorig en soos onnosele skape daarom wil ons nie vir God en waarin ons moet Glo staan nie. Ons nie graag die Kerk (alle kerke in SA) teen gaan nie al weet ons dat die goedkeuring van dinge soos aborsie, homosexualiteit en die invoer van paganistiese praktyke totaal verkeerd is.Al weet ons dat die meeste kerke nie n idee het hoe om mense te versorg en van die Koninkryk te vertel nie en humanistiese praktyke invoer en jou werklik glo die mens is inherent en vanself goed.

Daarom wil ons ook nie gemeenskappe raak wat saam bid, saam werk en saam die Koninkryk van God in gaan en verkondig en uitleef en so ver moontlik uit wereld sisteme(insluitende die Kerke wat wil geld maak) te kom, nie. Gaan ons ooit- Ons self verootmoedig, ons sondes bely, en tot God terugkeer sodat Hy ons land kan genees?

Jy! wat oordeel en glo jy is reg en sonder werklike bewyse of navorsing die wat wel bewyse en navorsing het en jy wat mense wil vasgevang hou in n system wat vir eeue nie meer werk nie- gebruik jou geld en jou energie en tyd om die dwaalendes wat glo dat die wereld die of daardie tyd gaan vergaan te help!

Die stories oor wanneer die einde van die wêreld gaan kom dis lagwekkend! Mense lees tog julle Bybels korrek- NIEMAND WEET NIE, NIE EERS DIE SEUN (Jesus) NIE-
en help die arme verdwaalde siele reg!

n paar punte om te weet wanneer, dit werklik die einde van die wereld kan wees, let wel ek seg kan wees ek se nie dit is nie!

Die Koninkryk (nie evangelie) isoral versprei wees, daar is vrede In die middelooste, daar is ’n groot wereld leier, waaragter almal gaan hardloop en in glo, daar is verrukking wees wat Hitler en sy trawante na sondagskool picnic laat lyk, daar is mense wees wat van God getuig en daarvoor sterf in massas, daar is van die Jode moet eindelik in Jesus glo en Armagedon volg (die groot oorlog tussen nasies) om n paar gebeure te noem en dit het nog nie gebeur nie...buitendien die eind tye het al begin die dag toe Jesus opgevaar het.

Baie dankie weereens vir die wat bereid is om te Glo, te lewe uit geloof en te bid!
T 5 Feb 2012 at 17:09
Eben ek jou dvd's oor die Valsepriesterdom gekyk! Ek werk vir die Lugmag en mag ons natuurlik glad nie oor ons doen en late praat nie maar ek werk op n seiner eenheid en van die beelde wat jy vertoon in jou dvd's bv die mediese teken asook die "Jimmy" die brons mannetjie wat met die vakkel in sy hand staan is op die seiners se bereis of pette en natuurlik behoort ons aan n stelsel. Wat ek eintlik wil weet hoe maak ek as dit verkeerd is ek wil nie memorial services bywoon nie want hul vereer die dooie en ja natuurlik as jy nie reels volg nie het jy n massiewe probleem! Bedank ek more stap ek tien teen een in n ander stelsel in jy kan geen bestaan volg sonder dat n stelsel jou lewe beinvloed nie want werk jy op n ander plek moet jy nog steeds n bankrekening he wat weer n stelsel is met reels net om nog n bisarre voorbeeld te noem hoe maak n mens om van al hierdie dinge verlos te word want dit is in ons daaglikse lewe ingevleg? Ek wil ook weet my dogter sy beskou dit as n straf en nie n gawe om die normale spoke en die rowwer dinge van die onder wereld te sien sy praat nie met almal daaroor nie want hul verstaan nie dat die duiwel n werklikheid is nie en sy weet nie presies hoe om dit te hanteer nie! Sy is n gelowige ek dink meer as wat ek graag wou wees hoe kan ek haar help? Wat ek ook wil weet is hoe salf ek my huis en hoe moet ek my bybelstudie beplan? Ek weet dis baie vrae en hopelik kan Jy my dalk help!!!! Dankie vir die luister of altans die lees!!!!
Eben Swart 13 Feb 2012 at 14:17
T

Epos my eerder. Hierdie is nie 'n forum vir hierdie soort vrae nie. Sien "contact us".
Danie 23 Jun 2012 at 08:50
Daar is ‘n gees agter dit.

Ek kyk gisteraand, Donderdag 21 Junie 2012, ‘n program op TV (Special Assignment) van ‘n jong meisie wat nie ‘n heenkome het nie en op straat woon. Sy het boonop nog swanger geword ook en nou is sy en die baba op straat – geen werk; geen heenkome; ens. Tragies.

So is daar, volgens die aanbieder, geweldig baie soortgelyke gevalle. Verder is daar ook baie vroue wat op straat beland weens mishandeling (deur mans teen vroue en kinders).

En toe strike dit my weereens..!!

Die wêreld is geflous!! Die vyand het dit reggekry om die mensdom ore aan te sit (weereens!!).

Ons liewe Hemelse Vader, die Skepper van die heelal, het mos vir ons gesê hoe dinge moet werk en dat ons binne Sy orde moet bly – vir ons eie beswil. Maar nee… ons is mos slim en loop agter die vyand se nonsense aan. En nou sit ons in die pekel – en steeds sien ons dit nie!!??

• Kinders is rebels
• Hordes sit met buite eglike kinders
• Verval in dwelms
• Opgebreekte huwelike / gesinne
• Werkloosheid en haweloses
• Losbandigheid
• Moord, selfmoord en roof – selfs kinders wat hulle eie ouers vermoor; skoolkinders wat mekaar doodmaak

En so word die lys net langer en erger…

Ek vra: What when wrong? (en dit wil voorkom asof sommige steeds nie agterkom dat iets radikaal verkeerd is nie…).

Heel in die begin was die opdrag:

Gen 3:16-19 Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers. (17) En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe. (18) Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet. (19) In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.

Aan die vrou:
Gen 3:16 Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers.

Aan die man:
Gen 3:19 In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.

Maw, vrou, jou funksie is om kinders te baar en hulle groot te maak. Man, jou funksie is om te werk en te voorsien aan jou gesin.
Klink nie moeilik om te verstaan nie, né?

Maar, wat gebeur vandag? Die vyand het dit regekry om die hele (Godlike) opdrag om te keer. Hy het die wêreld oortuig dat die vrou het ander pligte en regte. Dis haar rég om te doen wat sy wil; sy mág / moet haar eie loopbaan volg; ens ens. Sy het haar eie regte!

Soveel so dat vandag is dit byna wet dat ‘n vrou voorkeur kry bo ‘n man in die werks omgewing wanneer dit kom by aanstellings – poste wat tradisioneel deur mans gevul was. Die regering(s) van die wêreld dring aan en dwing hierdie situasie af! Vroue-Ministers; -bestuurders; -direkteure; -predikers; ens. Daar móét soveel vroue in sekere posissies wees, ens.

Baie interessant om te let dat hierdie poste gewoonlik in bestuurs posissies (beheer / control) is.

Die gevolge: ‘n Omgekeerde situasie.

Die man:
• Mans sit nou sonder werk. Maw, hulle is ontneem van hulle skeppingsdoel om te voorsien aan die gesin.
• Hy verdien nie meer geld nie, dus kan hy ook nie meer die huis bekostig nie, en wat is die gevolg daarvan..?
• Hy verloor sy selfrespek want hy is nou useless.
• Dus kan hy nie meer die hoof, priester en vader van sy gesin wees nie.
• Gevolglik sit jy met ‘n huis sonder anker.
• Nou het hy baie tyd en frustrasie en dus begin hy drink en verkrag ens ens
• En dit lei tot - ‘n lang lys van rebelse gevolge.

Die vrou :

• Die vrou sit nou in die werkplek wat voorheen deur haar man gedoen was.
• Die huis is nou moederloos en vrouloos ens, elk met sy eie verskriklike gevolge…
• Die vrou wat dinge tuis moes behartig / bestuur is nie daar nie – sy is nou ‘n career woman (want dit is haar reg!)
• Die kinders is dus sonder sorg en toesig – oorgelaat aan die kleuterskool en nanny…

And the list just goes on and on and on…

Nou kan (sommige?) van ons duidelik sien wat is die gevolge as ons dinge wil omdraai. Die vrou uit haar posissie verwyder en gevolglik is die man geblok / verhoed om sy funksie te verrig.

Ons kan nie teen YHVH se voorgeskryfde orde gaan nie, net soos jy nie teen die orde van swaartekrag kan gaan sonder om seer te kry of selfs dood te gaan nie. Jy kan nie van die huis se dak af stap en verwag dat jy in die lug kan loop nie – jy sal val (swaartekrag) en seer kry !!

Hoekom soveel moeite doen om die vrou uit haar posissie te wil plaas?
Waar kom hierdie ding vandaan?

Sodra ons nie meer in gehoorsaamheid aan die Skepper Vader leef nie dan beweeg ons uit onder Sy beskerming en dan is ons “fair game” vir die vyand se aanvalle. Soos wat nogal?

Daar is ‘n gees (van die begin af) wat hierdie rangorde, soos ingestel deur die Vader, wil omkeer want soos ons nou kan sien, is die gevolge “devastating!!”

Breek die rangorde; breek die huwelik; verwyder die man van sy posissie as priester en hoof van die huisgesin, en dan kan die vyand instap en oorneem – presies soos dit nou gebeur!!!

Hierdie gees se naam is Lilith!!!
Careline 17 Jul 2012 at 11:28
Daar is ’n gees agter dit...
Ek stem met jou saam Danie dat daar is ’n gees agter die bose en n gees teen die orde van God, dat die wereld orde aanvaar word is "invitalbe."

Ek kan egter nie met jou saamstem dat n vrou slegs swanger, kaalvoet en in die kitchen aan die sink vasgeketting moet leef nie! Vroue het wel besighede van uit hul huise bedryf vir addissionele inkomste, selfs in die Bybel tyd.


Ek is ook daarmee eens dat ’n vrou nie haar loopbaan teen God se wil en orde of ten koste van ’n man en sy posisie moet voorsit nie.

Kinders baar en groot maak en die huis versorg, is n goeie doel as dit nie as minder waardig afgemaak word nie, en wat die vrou doen werklik waardeer word nie. Dis n goeie doel...as dit nie mans die reg gee om vroue te onderdruk, te verniel en te gaan suip en fuif en selfs sy n ander vrou aan te hou nie!
Die tradisionele rol vir die vrou is ook goed as man hul rol na kom en ook hul vroue so lief soos hulself kon he, wat in die meeste gevalle nie so is nie.

Tuiste skepper en kinder oppasser -die tradisionele rol van die vrou, gee ook nie die man die reg om so onbetrokke by sy gesin te wees dat hy net sowel nie daar kon gewees het nie. Nog minder haar te verwyt ek werk so hard en te dink sy is sy slaaf en doen heeldag niks nie!

Die meeste mans het nie n verhouding met God nie en wil ook nie een he nie, hoe op aarde sal hy sy rol kan vervul as hy nie eers weet wat dit is nie?

Vroue moes teen wil en dank die werk van n man oorneem omdat die oorlog WW1 en WW2 en Veitnam oorlog dit genoodsaak het, omdat mans te slap geraak het om te werk, of man te wees!

Le dit netjies voor die gebrek aan geloofs vaders, moeders en geestelike leiers wat daarop uit is om geld te maak. Le dit voor die Staat wat jou kind se opvoeding oorneem, le dit voor mans wat moffe geword het, mans wat nie kan bid nie, mans wat God nie ken nie en nie leiding kan of wil neem nie. Le dit voor gemeenskappe wat nie omgee nie, voor die selfsug en gemak van die mens.

Ek sien geen mens (man vrou of kind) n standpunt teen die wereld orde of "the way the world works" inneem nie. Almal is byna eweveel aan n sisteem gekoppel en n lewe sonder n sisteem of die inkoop by een, is haas onmoontlik.

Ek sien geen alternatiewe manier van lewe nie, en alhoewel daar diegene is wat vir jare al, graag n aparte geneemsnkap wil stig, is dit polities van aard en n baklei oor wie die baas van die plaas wil wees, God word nie werklik hierin geken of genader tot hulp nie. Waar is die Apostel tog?

Geen persoon wil vandag sy gemak (geld, kos, klere, motors, huis) en manier van lewe neerle nie, nie eers al is dit teen die orde van God nie.

So om die kom ons noem dit "evil" dinge wat in die wereld om ons gebeur a.g.v. ons selfsug en ons sonde, ons weiering om saam te staan en n standpunt in te neem, alleenlik voor die deur van n vrou wt teen wil en dank die rol moes oorneem,
of die wereld neiging om die tradisionele rolle om te ruil te le is nie heeltemal korrek nie.

Sal ons soos die AMISH gaan leef? Ek dink hulle is beter af as menigte ander mense, glad nie ingekoop by enige sisteem nie. Vraag is sal jy sonder jou motor, sonder jou selfoon, sonder jou geld, sonder jou gerieflike elektrisiteit, sonder meneer Ta wat jou help met jou harde hande arbeid, sonder moderne implmente, selfs die wat dokters gebruik leef?

In so n gemeenskap is dit maklik vir die vrou om haar rol te verrig, in so n gemeenskap kan die man nie anders as om n MAN te wees nie, want almal werk saam, almal leef en bid saam. Daar is baie voordele en nadele van so n geslote gemeenskap en snaaks genoeg die wereld los hulle uit! Die groot vraag is, is ons geloof in God sterk, genoem sodat ons ook n geslote gemeenskap kan raak, en kan bly leef?

Het jy Danie dalk n alternatiewe manier van leef of gemeenskap?
christa kruger 25 Jul 2012 at 11:58
Eben, kan jy miskien net so kort opsomming oor die olimpiese spele se een oog mannetjie gee? Sien uit om jou mening te hoor. Baie dankie
Eben Swart 25 Jul 2012 at 13:18
Christa

Ek het ongelukkig nie op die oomblik die tyd beskikbaar vir 'n Olimpiese Spele-navorsingsprojek nie. Sulke goed vat tyd!
Anéle 3 Aug 2012 at 23:42
Amen! Ek is 'n NG predikants dogter - nou 33. What a journey to find the truth! Ons moet besef dat ons op 'n ontvouende geloofspad is en dit nie by redding stop nie. Dis net die begin! Dan due wedergeboorte deur jouself te laat doop SOOS JESUS. dan die doop met die Heilige Gees, dan doop met vuur om in die Koninkryk in te gaan, dan die doop met die Mind of Christ - dan weet ons wie ons IN Christus is - dan Heers ons met Hom op aarde. DIS NOU! Soos Eben sê: Word wakker en kyk na God en Sy Woord vir die antwoorde. Jou Gees in lyn met die Heilige Gees sal witness. Ek is besig om Hemelkoningin DVD te kyk. Wow! You will not know that you are deceived, BECAUSE you are being deceived. Ons is nie mense aanhangers nie, maar Eben, die hele vrymesselary ding is incredible deception. Laat ons opstaan en let us fight the Goid fight!
Danie 4 Sep 2012 at 12:05
Careline

“…Vroue het wel besighede van uit hul huise bedryf vir addissionele inkomste, selfs in die Bybel tyd.”

Korrek. Ek het dit slegs vereenvoudig vir die doel van hierdie oefening. Spreuke 31 spel dit mooi uit en ek is gemaklik met dit. – no problem.

“Die tradisionele rol vir die vrou is ook goed as man hul rol na kom en ook hul vroue so lief soos hulself kon he, wat in die meeste gevalle nie so is nie”.

Hoekom is dit in die meeste gevalle nie so nie?

Voorbeeld: as iemand (nie almal nie, maar die meerderheid) ‘n huis huur dan is hulle min gepla oor die instandhouding van die huis. Maar as hulle die huis gekoop het dan is dit ‘n ander saak. Maw, as hulle Kaart en Transport van die eiendom het – eienaarskap.

Die sistuasie in die huwelik is ook so. As ‘n man Kaart en Transport het dan is hy lief vir die plek en gee hy om vir die onderhoud en instandhouding ens, daarvan.

Die vraag is nou: Van al die paartjies wat Saterdag gaan trou – hoeveel van hulle se Kaart en Transport sal deur die man onderteken word? Of moet ek eerder vra: Hoeveel van die bruide hét nog ‘n Kaart en Transport wat nie bekrap en besmeer is nie?

“Ja, maar jy moet nou weet né”, hoor ek mense sê. “Dit werk mos nie meer so vandag nie.”

Kom ons kyk na die volgende?:-
‘n Saal vol dames, 100+, alle ouderdomsgroepe.

Vraag een: Hoeveel maal het jy al seks gehad in jou ewe?
Moeilike vraag, so hou verby.

Volgende vraag: Met hoeveel verskillende mans het jy al seks gehad in jou lewe?
Moontlik nog ‘n moeilke vraag vir sommige, so hou verby.

Volgende vraag: Onthou jy die heel eerstekeer toe jy seks gehad het?
“JA-JA beslis. Ek onthou. Ek het my pienk rokkie aangehad en dit was met Pietie toe ons daar by…” ens ens ens. Onthou baie duidelik né? Hoekom?

Want wanneer 'n vrou die eerstekeer omgang het met ‘n man, dan is daar ook geestelike dinge wat gebeur. Haar gees submit nou aan sy gees en (kortliks) is hulle twee geestelik dan aan mekaar verbind. Dit is ook dieselfde as ‘n ‘blood covenant’ (want daar is bloed betrokke) en dit is bindend (soos in word in die huwelik 'verbind'..!!).

Nou, 5 jaar, en 25 mans later, trek sy ‘n wit rok aan om ‘in die huwelik verbind’ te word.

Genade vrou, waar dink sy moet die vent teken?? Want haar (enigste) huwelikskontrak (Kaart en Transport) is al so bekrap deur ander mans, dat hy nie plek sal kry om te teken nie, EN NOU VERWAG SY DAT HY (geestelik) VIR HAAR SAL SORG, KOESTER EN LIEF Hê EN BESKERM… ens, ens, ens??

Hoe kan sy (geestelik) ondersteunend (‘onderdanig’) wees aan iemand wat nie die outoriteit (‘reg’) het nie? Hoe kan hy werklik vir iets omgee en lief wees, wat nooit regtig aan hom behoort nie? Hoe kan hy geestelike leiding / outoriteit neem oor haar as hy nooit die reg / outoriteit gehad het in die eerste plek nie – want dit is lankal afgeteken aan ‘n ander man.

Daarom, wanneer die eros-liefde-tydperk (ek is lus vir jou vs ek is lief vir jou) verby is, dan word poplap - skroplap!! En dan sit ons met ‘n tipiese hedendaagse huwelik met al die probleme soos jy dit hier opnoem.

Die hartseer van die saak is dat nie één van hulle eers wéét wat verkeerd geloop het nie!!

Daarom is dit só noodsaaklik dat ons moet seker maak met wié ons omgaan voordat ons omgang met mekaar het – mans en vroue – maak seker en kies reg. Terloops, seks ook die maklikste en mees gewilde manier vir demone om in te kom.

Plaas nou jou redenasie in die lig soos hierbo en dink weer ‘n slag oor hoe dit eintlik moes / kon gewees het.

Enige onduidelikheid / vrae?

PS: Die goeie nuus is dat daar wel antwoorde en oplossings is!!
Danie 4 Sep 2012 at 12:48
Carolne

“Het jy Danie dalk n alternatiewe manier van leef of gemeenskap?”

Ek dink ek het ‘n voorstel.

Ons is nog nie in die hemel / paradys / hiernamaals nie en dus het ons aardse liggame nog steeds aardse behoeftes – kos, klere, ens ens. Die Hemelse Vader weet dit en daarom het Hy voorsiening gemaak en vir ons basiese voorskrifte gegee waarvolgens ons moet leef. (B I B L E – Basic Instructions Before Leaving Earth) – (nie dat ons noodwendig iewers heen gaan nie).

TV, Selfoon, Motor, ens is nie noodwendig ewel nie.
TV – kyk en pornografie of wat kyk ek – dis nie die TV se skuld nie!
Selfoon – skakel ek my vrou en vertel haar dat ek haar nog baie lief het of skakel ek ‘n ander vrou om “ietsie te reel”? – dis nie die selfoon se skuld nie!
En so kan ek aan gaan – dis nie die dinge van die wereld wat altyd verkeerd is nie – dit is wát ons daarmee maak wat verkeerd is.

Alles begin by ‘n gedagte. Gedagtes is soos ‘n voël wat op jou kop mus. Jy kan dit nie keer nie. Die verskil is dat jy nie nodig het om toe te laat dat die voël ‘n nes bou op jou kop nie. Watse gedagtes koester ons? Dink ons aan aardse plesiere en dinge of koester ons die Koningryk van ons Vader / Verlosser?

Wanneer laaste het julle as ‘n familie / gesin enige van die Vader se afsprake werklik nagekom?

Die een wereld orde en alles wat daarmee gepaard gaan is opgeteken en dit gaan gebeur. Daarom sê die Liewe Vader dat ons naby / in Hom moet bly sodat ons nie getref word (in die spervuur) wanneer al hierdie dinge gebeur nie.

Daarom dank ek die Vader vir mense soos Eben wat gehoorsaam is en bereid is om te hoor (shma en shmar) wanneer Hy deur Sy Heilige Gees hierdie wysheid en kennis openbaar maak aan ons, sodat ons dit kan identifiseer vir wat dit is en voorbereid kan wees vir wanneer dit kom – en dit het al begin.

Die vraag is wáár en hóé is ons tans, en wat maak ons met hierdie kennis wat ons ontvang?
De Wet 19 Sep 2012 at 15:11
Hi Eben ek wil net weet wat is die dvd wat jy op geneem het oor vrymesselary of waar kan ek die dvd in die hande kry dankie God seen>
Eben Swart 19 Sep 2012 at 15:31
De Wet

Klik net hierbo links in die navigation bar op "DVDs" en klik dan verder op die DVDs se name. Al die inligting wat jy soek, is daar.

Eben
Stargate Series Slange? 3 Nov 2012 at 16:57
Dis interessant dat die Series Star Gate (waarin McGuyver speel) van ’n slange praat wat mense oorneem, een goed en een sleg, wat ’n pragtige voorbeeld van die invloed van die Kundalini. Wat ook vreemd of dalk nie so vreemd is nie, is dat die slegte een nogal ’n minder goeie uitspraak van God is.

The Goa'uld are a race of sentient parasitic beings that take over hosts. Several species can serve as hosts, including humans and Unas. They originated on the planet designated P3X-888. They are also extremely egomaniacal due to their genetic memory and the adverse mental effects of the Sarcophagus technology. Goa'uld means "god" in the Goa'uld language. Races which will not serve them are completely destroyed without compromise. (SG1: "Children of the Gods", "Thor's Hammer", "The First Ones")
"The Jaffa are the foundation upon which the false gods have built their empires. We can tear them down!"
—Teal'c

The Jaffa are an offshoot of humanity, genetically engineered by the Goa'uld. They have an abdominal pouch which serves to incubate larval Goa'uld. The infant Goa'uld provides strength, longevity, and good health, at the cost of supplanting the Jaffa's natural immune system, making them dependant on the Goa'uld for more symbiotes. The Jaffa have a warrior culture and form the armies of the Goa'uld.
Dit laat ’n mens se hare rys as sulke dinge deur Hollywood deurgegee word in ’n populere Sci-fiction series.
Gerhard 13 Dec 2012 at 15:19
Danie dui aan:

"Die een wereld orde en alles wat daarmee gepaard gaan is opgeteken en dit gaan gebeur. Daarom sê die Liewe Vader dat ons naby / in Hom moet bly sodat ons nie getref word (in die spervuur) wanneer al hierdie dinge gebeur nie"

Die een wereld orde is 'n satanistiese komplot. Dit sal hulle tref en nie ons wat in Hom glo nie. Maar dit is hartverskeurend om te sien hoe georganiseerd en doelgerig hulle is om meer en meer mense saam met hulle in die verderf in te lei.

Moet ons net staan en toekyk of kan ons dit 'n gebedsaak maak om hulle mag oor naiewe kinders en volwassenes te breek? Wie wil saam met my 'n gebeds teen-offensief begin?
AJ 2 Apr 2013 at 19:24
Jare lank was ek bang
vir die ou nare slang
Nou weet ek die waarheid
dat hy le kopaf na die stryd.
Eben Swart weet min van God
maar baie van Satan en sy lot (die klomp aan satan se kant)
Hy maak hom magtig deur sy leuens
en mense glo hom meteens.
Pasop vir die wat laste op ons kom laai
gooi af daai gemors wat hy saai.
Weier om te sondig en dis dit
jy sal sien hoe vlug daai Satan uit met `n fit.
Sien my Jesus is my son
my ewige liefde en my bron.
Vir my is dit net Hy
en geen mens soos jy.
Nie weer onder goggas val
en mense wat se dat alles maak jou mal.
Te lank het mense soos jy my gekul
en my Jesus se krag gemaak tot nul.
Jy en Estee kan maar lekker praat
oor Satan en sy doodsbraak.
Gee my eerder net my God, vol liefde en vrede.
Ek het my vrede by Hom gekry
en nie lamger kom mense my kamstig bevry.
Niks boos sal by my kom
want in Jesus is waar ek blom.
Hy is die enigste een wat in my woon
en so bly ek altyd skoon.
Van die eerste oomblik af toe Hy my vat
en uitlig uit die nare gat.
Was ek vry en vol van Hom
en nie jy of al jou leuens kan ooit weer by my kom.

Gaan steel by iemand anders Eber Swart,
maar los God se kinders uit jou smart.
comment on this
Elsebe Haring 23 Sep 2015 at 16:48
i am a reborn child of the only Almighty Trinity God.
Jesus Christ was a man of sorrow! He was persecuted, scolled, judged, blamed and accused of many things. He is the TRUTH & LIFE & LOVE.
i would rather have Jesus Christ ! That is why i would rather have nothing and be saved, to obey the Living Truth, whichh through all was created, for eternity, than have temporary things.
The LOVE OF GOD ALMIGHTY can not be compared to any worldly thing or person!
Eben Swart, i praise our Heavenly Father that He has given you the boldness to speak up about all these lies!
Keep on running the good race till the end, as i also will with you.

i have a greater fellowship and understanding because you are obedient to our Heavenly Father.
Eben Swart 12 Apr 2013 at 14:02
AJ

Prys die Here as net Jesus in jou woon. Maar moenie dit wat vir jou geld, 'n doktrine maak vir alle ander mense ook nie.
Weet dat dit nie met alle mense is soos met jou nie. Dieselfde Jesus wat in jou woon, het oa duiwels uit mense gedryf. En in die ganse Skrif is Hy die grootste leermeester oor die Bose!
Mag ook Sy gesindheid in jou posvat!

"When I pastored a country church, a farmer didn't like the sermons I preached on hell.
He said, 'Preach about the meek and lowly Jesus.'
I said, 'That's where I got my information about hell.'"
- Vance Havner
mdk 12 May 2013 at 21:50
AJ , ek kry jou so jammer . Die waarheid het ons as 'n familie vrygemaak en vandag leef ons in oorwinning saam met jesus Christus . As dit nie was vir Eben se DVd's en leringe nie was ons nog gebind . Kan nie glo christene kan so stenig met woorde en gedigte nie ai ai ai !!
Johannes de Koning 14 May 2013 at 14:12
Was Calvyn regtig sonder "joy"? Wat is die feite? Kyk by http://skattegemynuitgodsewoordintsumeb.blogspot.com/
Eben Swart 15 May 2013 at 17:46
Ds. Johannes de Koning van Tsumeb lok jou hieronder na sy eie webblad. Besoek dit asseblief en lewer kommentaar op sy indrukwekkende lys opinies. (Omtrent net die Hebrew Rooters met hul argumenterende geeste reageer op sy skrywes).
Johannes het 'n breedsprakige, selfversekerde opinie oor alles onder die son - van Oscar Pistorius tot die Dordtse Leerreëls. Hy glo veral in die algenoegsaamheid van Jesus - hy het 'n besondere weersin in geloof in Jesus PLUS. Hy glo net in Jesus PLUS die Skrif (volgens my beperkte kennis is Jesus en die Skrif twee verskillende entiteite). Dit wil selfs voorkom asof hy eerstens in die Skrif glo, en dan in Jesus (Sola Scriptura! - een van die beroemdste, onnoselste uitsprake van die Christendom tot op datum - dis 'n "contradiction in terms" of selfweerspreking). Met die gevolg dat hy die Skrif VREESLIK moet verdedig. En die Rooters eet hom soos 'n mielie - hy kom vat hulle dan in hul agterplaas aan! (Vir Namibiërs: 'n Mielie is 'n graansoort soos vis; dis nie groente soos vark of hoender nie!)
Dominee de Koning stal tydig en ontydig sy teologiese kennis en bekwaamheid uit. Maar die Kweekskool het hom nooit geleer "If all you have is a hammer, then everything looks like a nail" nie. So kom hy tot die insiggewende teologiese gevolgtrekking dat "die kernboosheid van Vrymesselary is dat dit die uniekheid van Jesus as enigste Weg na God ontken". Baie dankie, dominee, dat jy hierdie insig met ons deel. Wil jy nie asseblief jou teologiese insig soortgelyk aanwend op Paganisme, Hindoeïsme, New Age en Sjamanisme nie? Dan kan jy ons ook inlig oor húl kernbooshede. Of is hul kernboosheid, soos elke ander dwalnig, dalk dieselfde?
Johannes, volgens homself "'n trotse Calvinis" kon selfs 'n voorbeeld of twee gaan opdiep waar Calvyn vreugde ervaar het. Hy het die moeite gedoen omdat hy aanstoot geneem het aan my tong-in-die-kies opmerking op 'n DVD (Johannes noem dit "hooghartig") dat Calvyn min vreugde geken het - na aanleiding van Calvyn se opvallend somber, stroewe en nors gesigsuitdrukkings op ALLE bekende tekeninge en skilderye van hom. Johannes neem selfs aanstoot aan die feit dat ek Calvyn 'n "knaap" noem!
So dominee, verstaan ek reg: Jy glo eerstens in die Skrif, PLUS tweedens in Jesus, PLUS so 'n bietjie in Calvyn, PLUS heelwat in jou teologiese opleiding - wat jou in die eerste plek skynbaar in staat stel om die Skrif reg te verstaan sodat jy in die tweede plek in Jesus kan glo? Ruik ek 'n afgodjie of twee?
Het dit al by jou opgekom, dominee, dat die Roomse Katolieke ordegroottes meer geakkrediteerde universiteite en akademici het as ons protestante? Weet jy hoe mislei is die Roomse Katolieke? Wat sê dit vir jou itv die meriete van akademiese bekwaamheid tov waarheidskennis?
Dankie dat jy my 'n "kenner" noem, Johannes. Maar jy sit die woord tussen aanhalingstekens, asof ek myself so genoem het. Nee, ek het nog nooit en sal ook nie. Of is jy bloot sarkasties?
Aangesien jy die vrymoedigheid geneem het om ongevraag jou eie webblad hier op myne te kom adverteer, neem ek aan jy sal geen beswaar hê om 'n advertensie van myne op joune plaas nie. Baie dankie by voorbaat! Dan kan die hele wêreld sien ek en jy is tjommies!
Johan 17 May 2013 at 21:10
Eben

Ek het pas jou reeks oor die VM gekyk en dit werklik insiggewend gevind. My ervaring van ons kerke is dat die Heilige Gees se werking en leiding in ons lewens of heeltemal weggelaat word of ten beste baie laag op die prioriteit lys figureer, met die gevolg dat ons nooit werklik geleer word hoe om God se stem te hoor. Ek wil nie namens ander praat nie, maar dis my ervaring. Hierin le my frustrasie want terwyl ek werklik met my hele hart glo dat Christus my verlosser is, is daar n groot leegte in my lewe dat ek net nie Sy stem hoor nie. Ek glo die Woord waar dit se soek en jy sal vind - my skrywe aan jou is deel van my soeke. My vraag is wat staan my te doen om hierdie deurbraak te kan maak.
Lanus Struwig 1 Jul 2013 at 13:38
Het van u gehoor en het baie vrae wat my dominie nie kan of wil antwoord nie. Ek glo in God en probeer my bes om vir hom te leef ,ek het in laaste ruk effens vervreemd van my kerk geraak om rede ek baie dinge raaksien wat nie vir my reg is nie .Ek voel ek leef vir God en probeer my bes om my mede mens te help en ook van God te vertel ,maar wil nie meer kerk toe gaan oor onderling woelinge wat nie in die kerk tuishoord nie .Dit wil vir my soms grens aan afgode diens in die Kerk .

Help my ek is so bang ek is die pad byster.
Karen Seaman 4 Jun 2014 at 13:29
Goeiedag Eben, ons was in die NG Kerk net tot voor ek gekatkiseer het. My Pa was groot gedoop in die Volle Evangelie kerk. Die NG Kerk het hom verbied om Nagmaal te gebruik. Dit was die KERK se tafel genoem. Ons as gesin het baie trauma deurgegaan as gevolg van al die gebeurtenisse. My ouers kies toe 'n middeweg, want my Ma wou nie die NG Kerk los nie en my Pa wil nie in die NG Kerk wees nie. Ek het toe gekatkiseer in die Evangelies Gereformeerde kerk.

Dit gaan my verstand te bowe dat 'n liggaam (bv. NG Kerk) uit die Bybel preek, maar hulle wette is belangriker vir hulle as om siele na Jesus te lei en onvoorwaardelike liefde te gee. Die wette word gestapel op die oop Bybel, dat die Bybel en God naderhand vergeet word. Al wat tel is die mens en sy mensgemaakte wette.

Baie dankie vir die eye opening werk wat jy doen en waaroor jy praat.

Baie seen vir julle.

karen
Leave a comment:

Guidelines for comments

  1. We want our pages to be thought-provoking, though pleasant and edifying reading material for our visitors.
  2. We walk in the light of the Kingdom of Heaven, are known in person to everybody out there - and we expect the same from you.
  3. Short, sensible, fair, to the point comments are most welcome and will take preference.
  4. Long-winded comments clutter our pages and will only be published in exceptional cases. The same accounts for anonymous or rude comments.
  5. Once your comment has been successfully submitted, you will receive an email at the email address you specified. You must click the link in the email before your comment will be visible on the page.
I understand
Bold [ctrl+b]
Italic [ctrl+i]
Underline [ctrl+u]
Strike
Superscript
Subscript
• Unordered list
1. Ordered list
Remove Format